<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

Hulpbronne

Module 23

Son, maan, wind en herwinning

Die son as hulpbron

Die energie wat van die son te kry is (sonenergie), is so baie dat dit moeilik is om te verstaan. Dit is 9 000 keer meer as al die energie wat tans oor die hele wêreld opgewek word! En dit kan nie opgebruik word nie!

Ongelukkig weet die mens vandag nog nie hoe om sonenergie op groot skaal te gebruik nie. Die klimaat en die weer, én die feit dat daar iets soos dag en nag is, het ook ’n groot invloed op die gebruik van sonenergie. Waar sonenergie wel op klein skaal gebruik word, is die tegnologie op die oomblik ook baie duur.

Maar daar is tog maniere waar sonenergie gebruik word. Sonpanele word gebruik om water vir huise te verwarm en sonselle word ingespan om elektrisiteit op te wek.

Teen die tyd dat julle grootmense is, het iemand dalk al uitgevind hoe om die energie van die son beter te benut. Moontlik het een van julle nog ’n aandeel in so ’n wonderlike uitvinding!

Die maan as hulpbron

Dalk is dit ’n groot verrassing vir julle om te lees dat die maan ’n hulpbron vir die mens is! Soos wat daar 9 000 keer meer energie in die son beskikbaar is as wat die mens opwek, is daar 100 keer soveel energie van die maan te benut.

Julle weet mos die maan veroorsaak die getye in die see, en deur die getye in te span, kan elektrisiteit opgewek word. Deur ’n baai toe te bou met ’n seemuur met sluise in, kan die vloei van die water vir die opwek van elektrisiteit ingespan word.

Hierdie metode word maar op min plekke in die wêreld gevolg, want daar is nog te veel probleme wat oorkom moet word.

Die wind as hulpbron

Wind word al baie eeue as hulpbron ingespan. Dink maar aan seilskepe, die Nederlanders wat water met die bekende windpompe terug see toe pomp, die windpompe op baie plase in ons land, en vele meer.

Op die oomblik is die wetenskaplikes egter besig om die gebruik van wind op ’n veel groter skaal te ondersoek. Die ideaal is dat die wind ingespan word om op groot skaal elektrisiteit op te wek. In die V.S.A. en Europa is daar lank reeds sulke projekte aan die gang. In 2002 is die eerste “windkragstasie” in Suid-Afrika opgerig. Dit was op die plaas Windhoek tussen Darling en Yzerfontein op die Weskus. (Sê die plaasnaam dalk iets?)

AKTIWITEIT 1

OM MOONTLIKE OPLOSSINGS VIR 'N ENERGIEPROBLEEM TE IDENTIFISEER EN ONDERSOEK

[LU 1.6]

Dit is die jaar 2010. ’n Deeglike ondersoek is gedoen en daar is ontdek dat daar nog net genoeg voorrade steenkool en ru-olie in die wêreld oor is vir sewe tot tien jaar! Kyk na alternatiewe energiebronne en die moontlikhede van die benutting daarvan (groepwerk).

  • Koerante
  • Blikkies
  • Plastiek
  • Glas
  • Karton
  • Tydskrifte
Ons kan maar net raai hoeveel ton hiervan elke dag op die vullishope van dorpe en stede beland!
Dis soms nie-hernubare hulpbronne wat gebruik word om hierdie materiaal te maak! Maar wie gee om?

Hout , ’n hernubare hulpbron , word gebruik om karton en die papier vir koerante en tydskrifte te maak. Dit lyk asof daar nie ’n probleem met hout is nie, maar die plantasies waar genoeg bome geplant word om jaarliks genoeg hout te kan lewer, gebruik soveel water uit die grond dat dit op sommige plekke probleme veroorsaak. Riviere en fonteine word nie meer gevoed nie en die natuur en die mens ly daaronder. Daar moet op hout bespaar word!

Interessant....

Suksesvolle herwinning beteken ook kleiner stortingsterreine.

In sommige lande (bv. Switserland) word huisbewoners verplig om hul huisafval te sorteer en in sakke van verskillende kleure uit te sit.

In die stad Curitiba in Brasilië kan mense gesorteerde huisafval vir gratis buskaartjies en groente inruil.

Arm mense in Afrika produseer maar ’n breukdeeltjie van die huisafval wat ryk Amerikaners weggooi.

Al wil ’n arm gesin graag herwin, is hul huis baie keer so klein dat daar nie plek is om die gesorteerde huisafval te hou nie.

AKTIWITEIT 2

OM 'N HERWINNINGSPROJEK TE LOODS/BESTUUR

[LU 1.6, 2.3]

Vir die leerders van ’n skool waar reeds ’n herwinningsprojek aan die gang is:

Vind uit hoeveel die skool gemiddeld per maand uit herwinning maak. Ontwerp ‘n aansporingsisteem waarmee hierdie opbrengs verhoog kan word.

Vir die leerders van ’n skool waar daar nie ’n herwinningsprojek is nie:

Bel ’n plek naby julle wat koerantpapier herwin en vind uit wat hulle per kilogram betaal.

Meet die massa van ’n week se koerante wat ’n gesin ontvang en bereken wat dit werd is.

Bereken hoeveel geld julle skool per jaar kan maak as net die helfte van julle gesinne hul koerante skool toe bring.

Skryf ’n brief aan die skoolhoof en vra of julle nie ook maar ’n herwinningsprojek kan begin nie. Verduidelik die voordele vir jul skool, maar ook vir die land.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask