<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Nou moet jy aan Muggie skryf.

1. Vertel vir hom hoe jy voel.

2. Vertel vir hom van die planne waaraan jy en jou maats gedink het.

3. Nooi hom uit om ‘n afskeidsnaweek by jou deur te bring.

4. Vertel hom van die opwindende dinge wat jy beplan, van die interessante plekke wat julle sal besoek en van die pret wat julle gaan hê.

5. Jy kan jou brief so beplan.

  • Skryf oor . . . . . .

1. Jou gevoelens.

2. Jou planne.

3. Die naweek.

4. Teken ‘n prent.

LU 2.3 LU 2.5.3 LU 4.2.1 LU 4.2.2

Liewe Muggie

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.4.1 LU 4.4.2 LU 4.4.3
LU 4.1
  • Skryf die gesprekke tussen jou en jou ma. Jy probeer haar oorreed om jou toe te laat om Muggie vir ‘n naweek huis toe te bring.
LU 2.5.1 LU 2.5.4 LU 4.7.6
  • Luister na die gedig.
  • Lees en leer dit.
  • Versier die bladsy.

Die vangs of die einde van neef rot

Hoog in die boom,

‘n groot bruin uil

versteek in die takke

roep hy en huil.

Hy soek en hy wag –

die jagter in die nag.

Is daar iets wat roer

onder die sterreprag?

Geruisloos -

en met vlerke gesprei

duik reguit af,

hy’t sy prooi gekry.

Arme rot!

Vasgevang!

in die skerp kloue

van die uil in die boom!

G.J.M.

  • Omkring die titel waarvan jy van hou.
  • Gee ‘n rede vir jou keuse.
LU 1.4.4 LU 1.4.6 LU 3.5.1
  • Die meervoud van hierdie woorde kry ‘n by, byvoorbeeld

broer

broers

  • Voltooi die volgende meervoude.
Een Baie
maatkofferwurmspreeuperskemeisiepaddaemmerleeu
  • Leer die meervoude van :-
kindvroulam kindersvrouenslammers
LU 4.6.5
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.4.4 ‘n reeks gebeurtenisse of idees in ‘n teks oorvertel;

1.4.6 gevoelens oor die teks uitdruk en redes daarvoor gee;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik, herhaling te vermy en elemente van intrige en karakterisering te gebruik;

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

2.5.1 onderwerpe tydens groepbesprekings inisieer;

2.5.3 idees voorstel en daarop uitbrei;

2.5.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:

4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;

4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:

4.4.1 eie en ander se skryfstukke bespreek om terugvoering te gee en te ontvang;

4.4.2 eie skryfwerk redigeer;

4.4.3 eie skryfwerk hersien nadat terugvoering ontvang is;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.6.5 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.7.6 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask