<< Chapter < Page Chapter >> Page >

. Leerders maak plakkate met duidelike byskrifte wat in die klaskamer uitgestal word. (LU 5)

  • Vormsinne:

. Opvoeder vra vrae en leerders beantwoord bevestigend of ontkennend. Nee, ek dra . . . . .

Ja, Ouma dra . . . . .

. Ek dra sandale as dit baie koud is.

. Ons trek pantoffels aan as ons buite in die reën loop.

. Ouma dra plat, gemaklike skoene.

. Sokkerspelers dra spesiale stewels.

. Mamma dra hoëhakskoene.

. Pappa dra graag tekkies as hy gaan draf.

. Ons kom kaalvoet skool toe. (LU 1, LU 2)

  • Die Skoenmaker en die kabouters:

. Opvoeder lees die storie verskeie kere aan die leerders voor totdat hulle dit spontaan saam sê. (LU 1, LU 2)

. Leerders maak knip-, stik- en kap-aksies wanneer gepas.

(LU1, LU 3)

. Laat leerders kyk of hulle self die storie kan lees. (LU 2)

. Laat die leerders die storie dramatiseer.

. Moedig leerders aan om die storie in hul eie woorde te vertel. (LU 3)

  • Woordeboeke:

. Elke leerder moet ‘n eie woordeboek hê. Koop ‘n indeks-oefeningboek of maak een deur twee bladsye vir elke klank alfabeties af te merk. Woorde vir jou woordeboek word deur die leerders in hierdie boek geskryf. (LU 4)

  • Laat leerders sinne lees totdat hulle dit goed ken. Opvoeder kan die sinne op stroke karton skryf en vir leerders wys, sodat hulle dit sonder die prente as gids kan lees. Vergroot p. 10 en 11 op die fotostaatmasjien en plak dit op die aansteekbord. Leerders wat sukkel, kan daarna verwys. (LU 3)
  • Laat leerders ‘n T-hemp skool toe bring.

. Beplan hoe hulle dit gaan versier.

. Versier met spesiale lapverf. of

. Laat leerders ‘n hemp teken en met kryt versier.

  • Strokiesprent

. Leerders voltooi die storie deur daaroor te gesels.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Luister eers en lees dan die storie van…..

Die skoenmakers en die kabouters

Lank gelede was daar ‘n skoenmaker.

Hy het baie hard gewerk, maar was baie arm.

Hy knip, knip, knip die leer.

Hy stik, stik stik aan die soom

en kap, kap, kap aan die hak.

Die skoene is kant en klaar,

maar bly op die rak.

“Vrou, dit is nou my laaste stuk leer,

as dit op is, sal ek nie meer kan knip,

stik of kap. Ek is so vaak en honger.”

“Ouman, jy’s op van kommer.

Los die leer. Jy kan môre stik en kap en weer probeer.”

“Vrou! Vrou!” roep hy die volgende dag.

“Kom kyk, Kom kyk!”

Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar!

Wie het vannag kom stik, stik, stik aan die soom?

Wie het kom kap, kap, kap op die hak?

Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou, gou, gou.

Nou het hy en sy vrou kos en leer vir twéé paar skoene.

Die skoenmaker knip, knip, knip die leer en sit dit op die werksbank neer.

“Vrou! Vrou!” roep hy die volgende dag.

“Kom kyk, Kom kyk!”

“Daar’s weer gestik, stik, stik aan die some en gekap, kap, kap op die hakke!”

Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou-gou.

Nou het hy en sy vrou baie kos en leer vir vier paar skoene.

Die skoenmaker knip, knip, knip die leer en sit dit op die werksbank neer.

So hou dit aan en aan. Saans laat die skoenmaker die leer op die werksbank en soggens is die mooiste skoene klaar. “Ek wens tog ek weet wie die mooiste skoene stik, stik, stik en kap, kap, kap,” sê die vrou.

“Ek weet tog hoe ons kan uitvind”, sê die skoenmaker.

“Vannag sal ons koekeloer!”

Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.

Die kabouters stik, stik, stik aan die some.

Hulle kap, kap, kap op die hakke.

Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar!

“Ouvrou, hoe kan ons hulle ooit terug betaal?”

“Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak,” sê die ouvrou.

“En ek gaan knip, knip, knip, stik, stik, stik en kap, kap, kap om vir hulle skoentjies te maak!”

LU 1.1.4 LU 3.2.4
  • Woorde vir jou Woordeboek:

. Lees die woorde.

. Teken die prente.

. Skryf die woorde in jou eie woordeboek.

skoenmaker Ouvrou skoene leer
kabouters kos knip stik
kap hak soom rak
venster werksbank hempie broekie
LU 3.3.1 LU 5.7

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip toon van stories:

1.1.4 onthou dele van stories en vertel dit oor,

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit ‘n geskrewe teks deur saam met die onderwyser te lees;

3.2.4 vertel die storie oor;

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:

3.3.1 herken ‘n toenemende aantal hoë frekwensiewoorde as sigwoorde;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind

Assesseringstandaard 5.7: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n persoonlike woordeboek hou en ‘n kinderwoordeboek gebruik (indien moontlik, ‘n tweetalige en ‘n verklarende woordeboek).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask