<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opwarming van binne- en buitedy:

  • Beweeg deur twee treë na regs te neem – kyk vorentoe.
  • Beweeg twee treë na links – lei links – kyk vorentoe.
  • Voeg armbewegings by terwyl daar na links en na regs gestap word.
  • Herhaal agt keer.
  • Beweeg na regs – lei regs – tree met die regtervoet en kruis die regterbeen met die linkerbeen vir twee treë.
  • Beweeg na links en kruis bene terwyl daar gestap word.
  • Voeg armbewegings by.
  • Herhaal agt keer.
  • Beweeg na regs – kruis oor – lig linkerbeen na die kant op laaste maatslag – hou been reguit.
  • Beweeg na links – kruis oor – lig regterbeen na die kant op laaste maatslag.
  • Voeg armbewegings by.
  • Herhaal agt keer.
  • Bly op een plek en lig regter- en linkerbeen om die beurt – agt keer.

Hurkbeweging (squats):

  • Bly op een plek – maak bene wyd oop – buig bene effens.
  • Buig knieë verder – hou liggaam regop – kop op – hande op heupe – hou vir twee tellings.
  • Maak bene vir twee tellings reguit.
  • Buig bene en maak weer reguit – een telling om die beurt.
  • Herhaal agt keer.
  • Bring regtervoet vorentoe – buig knieë.
  • Neem regtervoet terug.
  • Bring regtervoet vorentoe – buig knieë.
  • Neem linkervoet terug.
  • Herhaal agt keer.
  • Wanneer hurkbewegings gedoen word, moet jy seker maak dat jou knie nie oor jou voet gaan nie.
  • Hou jou knie in lyn met jou hak wanneer jy buig.
  • Hou liggaam regop met hande op die heupe.
  • As ‘n mens hierdie oefening veilig wil uitvoer, is beheer en balans van die grootste belang.

Vorentoebewegings (Lunges):

  • Maak bene wyd oop en leun na die kante toe (regs en links om die beurt) – agt keer.
  • Bring die liggaam stadig vorentoe – hande op die knieë – terwyl jy leun - agt keer.
  • Bring die liggaam verder af tot jou hande die vloer raak – terwyl jy van regs na links leun – agt keer.
  • Doen die oefening andersom totdat jy met ‘n regop liggaam leun.
  • Herhaal oefening agt keer.

Sywaartse opwarming:

  • Hou jou bene oop en effens gebuig.
  • Plaas jou hande op jou heupe.
  • Draai die boonste helfte van jou liggaam na regs (asof jy na iemand agter jou wil kyk).
  • Draai terug en kyk vorentoe.
  • Draai die boonste deel van jou liggaam na links.
  • Terug vorentoe.
  • Herhaal agt keer.
  • Lig arm reguit sywaarts – skouerhoogte.
  • Herhaal sywaartse strekbewegings agt keer met uitgestrekte arms.

Herstel:

  • Staan met voete teen mekaar.
  • Skud alle beweegbare liggaamsdele.

Jy is nou gereed om met die volgende aktiwiteite voort te gaan.

Aktiwiteit 2:

Om te improviseer, te rangskik en bewegings te kombineer: jazz

[lu 1.2]

Jou onderwyser sal die agtergrond van jazz-dans kortliks verduidelik. Onthou, jy hoef nie noodwendig ‘n danser te wees om hierdie volgende aktiwiteit te kan geniet nie – al wat jy hoef te doen, is om die bewegings te verken en te ontdek wat jou liggaam alles kan doen. Jy sal verbaas wees! Probeer dit.

Jy moet heel eerste die musiek leer ken.

Die musiek

Enige musiek van die jazz-genre is geskik vir hierdie aktiwiteit.

  • Voorbeelde:
  • “Brazilia” deur John Klemmer
  • “Tropico” deur Gato Barbieri
  • “Sanborn” deur David Sanborn
  • “The Shuffle” deur Kenny G
  • “Rise” deur Herb Alpert
  • “All that Jazz” uit die klankbaan van “Chicago”
  • Luister aandagtig na verskillende snitte van jazz-musiek.
  • Let op na die duidelike vier-op-vier -maatslag en kenmerkende frasering.
  • Kies musiek uit die voorbeelde waarop jy graag wil dans.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask