<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Die kerntydperk en die koue oorlog

Module 13

Die kern- en ruimtewedloop

AKTIWITEIT 1:

Om die Koue Oorlog histories te ondersoek deur gebruik te maak van oorsaak en gevolg, kontinuïteit en verandering, en vergelykings en afleidings: DIE KERN- EN RUIMTEWEDLOOP

[LU 1.1 – 1.3, 2.2, 2.4, 3.2, 3.3]

BRON AOnderhoud met Harold Agnew, circa 1949, Amerikaanse kernfisikus (vry vertaal)

Niemand het verwag dat die Sowjetunie na die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog oor die infrastruktuur beskik het om ’n kernbom te vervaardig nie. Hulle het wel. Hulle moes inligting van die Manhattanprojek gehad het.

BRON BVoorblad van ’n boek oor: Koue Oorlog Wetenskap

BRON CKommentaar van Robert Oppenheimer, Amerikaanse Kernkenner (vry vertaal)

As daar weer ’n wêreldoorlog sou uitbreek, sal die mensdom vernietig word. Ons moet ons afvra of die mensdom genoeg doen om dit te voorkom.

BRON DOnderhoud met die Sowjet militêre strateeg, Valentin Larjonov, 1950 (vry vertaal)

Malkenkov het die hele nasie en wêreldbevolking gewaarsku dat ’n atoomoorlog die hele wêreld sou vernietig en dat so ’n oorlog ten alle koste vermy moes word.

BRON EKommentaar van Galina Misjina, bakker in Moskow, circa 1989 (vry vertaal)

In die vyftigerjare het ons nie besef dat die Amerikaners bang was vir ’n Russiese aanval nie. Ons was onder die indruk dat hulle geweet het dat ons vrede nastreef en dat ons in vrede wou leef. Ons wou ons land opbou , nêrens staan geskryf dat ons enige land wou aanval nie.

BRON FKommentaar van Jean Asam, Amerikaanse student gedurende die vyftigerjare (vry vertaal)

Ons wou ons teen bomme beskerm en geen risiko's loop nie. Daarom het ons bunkers en skuilings in ons agterplase opgerig. Dit het doodgewoon in meeste Amerikaanse voorstede gebeur.

BRON GFoto van herfs 1951 wat die "Buster-Jangles" toetsontploffing aandui. Die leër wou die uitwerking van so ’n ontploffing op soldate wat daarna kyk, toets

(Uit: The Atomic Duty of Pvt Bill Bires)

BRON H’n Ooggetuieverslag van Harold Agnew, Amerikaanse Kernfisikus oor ’n eksperimentele kernontploffing in die Stille Oseaan in 1954 (vry vertaal)

Ons was nie voorbereid op so ’n kragtige ontploffing en uitvalgebied nie? ’n Japannese vissersboot, “Die gelukkige Draak”, het deur die kernuitval besmet geraak. Die boot was baie ver vanaf die toetsgebied. Voordat ons besef het wat gebeur het, het die vissermanne radio-aktief besmet geraak. Die vissermanne was 120 km van die ontploffing gewees. Van die 24 bemanningslede het slegs een oorleef. ’n Fout is gemaak. Die wind het die radio-aktiewe uitval verder as wat verwag is, versprei. Dit is betreurenswaardig dat mense besmet geraak het . . .

BRON IKommentaar van Oleg Trojanovski, Chroesjtsjov se adviseur oor satelliete (vry vertaal)

Chroesjtsjov was van mening dat oorlogskepe en bomwerpers uitgedien geraak het en dat missiele in die toekoms dié rol sou vervul. Daarom het tegnici vanuit die hele Sowjet-unie in die woestyn by Baikonoer in Kazachstan byeengekom om aan satellietontwikkeling te werk. Op 4 Oktober 1957 het ons die eerste ruimtesatelliet, Spoetnik (beteken reisgesel van die aarde) gelanseer. Die Amerikaners het altyd voorgegee dat hulle die rykste en tegnologies die gevorderdste land ter wêreld was. Met Spoetnik wat om die aarde wentel, het hierdie persepsie verander.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask