<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Die ekonomiese siklus

Module 6

Die invloed van vakbonde

DIE INVLOED VAN VAKBONDE

Die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1997 maak voorsiening vir die reg (1) tot billike arbeidspraktyke, (2) om ‘n vakbonde te stig en daarvan lid te word, (3) om te organiseer vir gesamentlike bedinging, en (4) om te staak en uitgesluit te word.

Vakbonde is die mondstuk van die werkers wat hulle verteenwoordig, aangesien hulle die werkers in ‘n bepaalde sektor verenig ten einde ‘n goeie verhouding tussen die werknemers en die werkgewers te bewerkstellig. Voorts moet sodanige vakbond daarna streef om die sosiale, ekonomiese en politieke belange van die werknemer te bevorder. Dit is belangrik om daarop te let dat ‘n werknemer vry is om by ‘n vakunie aan te sluit en hy mag nie deur die werkgewer verhoed of afgedank word wanneer hy wel by ‘n vakbond aansluit nie.

Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge het vakunies die volgende regte:

  • TOEGANG TOT DIE WERKPLEK: Die vakunie het die reg om lede binne die werkplek te werf en om vergaderings tydens aftye te hou.
  • LEDEGELD: Bydraes vir ledegeld mag van werknemers se lone/salarisse afgetrek word.
  • VERKIESINGS: Vakbondverteenwoordigers mag binne die werkplek verkies word.
  • DIENS VIR VAKUNIE: Vakunielede is geregtig om betaalde verlof te neem ten einde as vakunieverteenwoordigers hul verpligtinge na te kom en ook om opleiding te ondergaan.
  • BEKENDMAKING VAN INLIGTING: Die vakunie is geregtig op enige inligting wat betrekking het op aangeleenthede wat die werknemers binne die werkplek raak.

Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (1997) het werknemers die reg om te STAAK (d.w.s. die weiering om te werk, om teen ‘n stadiger pas te werk, en ‘n verbod op oortydwerk) en het werkgewers die reg om werknemers UIT TE SLUIT (d.w.s. die fisiese verhindering van die werknemer om die werkplek te betree). Die twee aksies kan onder andere die gevolg wees van (1) ‘n aandrang op ‘n loon- of salarisverhoging, (2) die aandrang om ‘n vakunie te erken, of (3) ‘n aandrang om omstandighede binne die werkplek te verander.

In die algemeen kan verwag word dat die aktiwiteite van vakunies sodanig moet wees dat nie net die werknemers se sosiale, ekonomiese en politieke belange gedien word nie, maar ook die van die Suid-Afrikaanse ekonomie in die geheel.

Beoordeel die volgende uittreksel uit ‘n koerantberig wat gedurende Oktober 2002 in Die Burger verskyn het en evalueer dan die impak wat stakings, met ander woorde vakunie-optrede, gedurende 2001 gehad het:

BRON

Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (1997) het werknemers die reg om te STAAK (d.w.s. die weiering om te werk, om teen ‘n stadiger pas te werk, en ‘n verbod op oortydwerk) en het werkgewers die reg om werknemers UIT TE SLUIT (d.w.s. die fisiese verhindering van die werknemer om die werkplek te betree). Die twee aksies kan onder andere die gevolg wees van (1) ‘n aandrang op ‘n loon- of salarisverhoging, (2) die aandrang om ‘n vakunie te erken, of (3) ‘n aandrang om omstandighede binne die werkplek te verander.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask