<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 19

Goeie sportmangees

Goeie sportmangees en regverdigheid op die sport- en atletiekveld

Die media bring gereeld wanpraktyke op die sportveld onder ‘n mens se aandag. Dit wil voorkom asof enige vorm van kompetisie en die beoordeling daarvan ‘n potensiële teelaarde is vir aggressie en wanorde as daar nie ‘n stel streng reëls vooraf neergelê word en dan streng daarby gehou word nie. Hierdie reëls moet ook toeskouers se gedrag insluit.

Op die volgende bladsye volg ‘n aantal berigte wat in die koerant verskyn het wat verskeie probleemsituasies uitlig.

Groepwerk

[LU 4.5]

Verdeel die klas in groepe.

Elke groep kry een berig om te bespreek.

Die groep moet die volgende vrae hanteer:

  • Watter sportsoort word hier bespreek?
  • Op watter vlak word die sportsoort beoefen (bv. skolesport, nasionaal, ens.)?
  • Wie is die skuldige party/e?
  • Van watter oortreding is hier ter sprake?
  • Wat sou die negatiewe situasie kon verhoed?
  • Indien julle groep die raad was wat die probleem moes hanteer, wat sou julle gedoen het om (a) die situasie te ontlont, en (b) te verhoed dat dit weer gebeur?
  • Het julle by die skool al situasies beleef waar onregverdige optrede op die sportveld, swak sportmansgees of toeskouerswangedrag ‘n probleem was?
  • Indien wel, bespreek moontlike oplossings vir julle skool se situasie.

Addisionele opdrag

Leerders kan voorbeelde van swak sportmangees of sportmisdrywe in hulle plaaslike koerant skool toe bring vir bespreking. Soortgelyke voorvalle word ook ongelukkig in skolesport aangetref. Plaaslike koerante berig dikwels daaroor.

Die burger, 13 augustus, 2002

Tweede rugbyskok

Die reaksie van sommige Suid-Afrikaners op die skandalige gedrag van ‘n

toeskouer by Saterdag se rugbytoets is eintlik net so skokkend soos syne.

Die optrede van mnr. Pieter van Zyl, wat in ‘n kritieke stadium van die toets tussen die All Blacks en die Springbokke op die veld gehardloop en die Ierse skeidsregter, David McHugh, se skouer uit lit geduik het, was ploertagtig.

Die mense wat onmiddellik hul steun aan Van Zyl toegesê het, geld insamel vir

sy regskoste en hom te hulp snel omdat hy besluit het om "die ref ‘n bietjie

wakker te gaan maak", moet besef dat hulle hulleself ook aan die kant van sulke

onbeskoftheid plaas.

In geen beskaafde land met opgevoede mense wat ooreengekom het om volgens

sekere universeel-aanvaarde norme saam te leef, kan sulke gedrag goedgepraat

word nie. Dis noodsaaklik dat hulle verstaan dat die meerderheid van die ordentlike mense in hierdie land sulke optrede afkeur en daarop aandring dat dit gestraf word.

Die goedkeurende reaksie van sommige is kommerwekkend as dit ‘n aanduiding

is van die morele verwarring in ‘n samelewing wat verleer het dat enige spel volgens die reëls gespeel moet word as jy nie ‘n chaos wil hê nie.

Dit help nie om allerhande verskonings vir sy gedrag aan te voer nie, en te "ja, maar" terwyl versagtende omstandighede gesoek word nie. Wat hy gedoen

het, is verkeerd. Daar is geen grys gebied nie.

Van Zyl het agterna aangedui dat hy so boefagtig opgetree het omdat die

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask