<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • Inklusiwiteit: Ons kan almal by mekaar leer. Die een kultuur kan die ander stimuleer en verryk. Wys hoe dit gedoen kan word.
  • Menseregte: Leerders moet die verskille tussen hulle respekteer. Besluit hoe ons verskil en wat ons verskillend maak. Tog is elkeen net so menswaardig soos enige ander leerder in die klas.
  • ‘n Gesonde omgewing: Blomme verryk ons omgewing. Gesonde kos gee vir ons gesonde liggame. Bespreek gesonde, voedsame kossoorte en maak ‘n lys daarvan. Doen navorsing om vas te stel of die leerders in jou klas gesonde kosse eet.
  • Getalbegrip en aantel tot 200 en verder word geoefen.
  • Ewe en onewe getalle, afronding van getalle en plekwaardes word hersien.
  • Die tafels van 4 en 3 en deelaktiwiteite word ingesluit.
  • Optelling met herbenoeming word geoefen.
  • Verdubbeling met herbenoeming.
  • Samestellings van 19.
  • Die volgende aktiwiteite is ook ingesluit: massa, inhoud, breuke en afstand.
  • Leerders maak kennis met die volgende voorwerpe: piramides, prismas en silinders,
  • Die aansigvorms van hierdie 3-D vorms word bespreek en vergelyk.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: massa en afstande [lu 1.2, lu 1.3, lu 1.4, lu 1.8, lu 1.10, lu 2.2, lu 4.3, lu 4.7]

Tiaan se rugsak

1 kosblik met

4 toebroodjies

1 ℓ koeldrank

3 appels

2 sjokolades

Deon se rugsak

1 kosblik met toebroodjies

2 ℓ koeldrank

1 appel

2 sjokolades

Beantwoord hierdie vrae.

1. ________________________ (name) se kosblik het die grootste massa. Hoekom?

2. ________________________ (name) kosblik het die kleinste massa. Hoekom?

3. 4 bekers kan van 1ℓ geskink word.

4. Tiaan sal ______________________ bekers koeldrank kan drink.

5. Deon sal ______________________ bekers koeldrank kan drink.

6. Tiaan eet een kwart van sy appel elke dag. Hy sal ______________________ dae elke dag een kwart eet.

7. Deon eet een halwe appel elke dag. Hy sal ______________________ dae elke dag een halwe eet.

8. Die sjokolade het 8 blokkies. Hulle eet 4 blokkies elke dag. Elkeen eet 4 blokkies vir ______________________. dae.

LU 1.4 LU 4.7
  • Voltooi.

1. Tiaan en Deon stap 5 km in een dag . Hulle stap:

10 km in ______________________ dae,

25 km in ______________________ dae,

50 km in ______________________ dae.

2. Die kamp is 15 km van Tiaan se huis en 12 km van Deon se huis. Tiaan se huis is ______________________km verder.

3. Tiaan kan die bal 35 m ver slaan.

Deon kan die bal 4 m verder slaan.

Hy slaan die bal ______________________ m ver.

4. Tiaan tel 28 voëls.

Deon tel 5 minder.

Deon tel ______________________ voëls.

5. Hulle vertrek om 8-uur in die oggend. Hulle kom om 3- uur die middag by die kampterrein aan. Hulle het ______________________ ure gestap.

LU 1.8 LU 4.3 LU 4.7

Nommer die huise

LU 1.3 LU 1.4 LU 2.2
  • Voltooi die telpatroon. Verbind die getalle.
  • Kleur die ewe getalle rooi.
  • Kleur die onewe getalle blou.
  • Rond af tot die naaste veelvoud van 10.

1 1 _______________ 22 _______________ 34 _______________

17 _______________ 29 _______________ 33 _______________

27 _______________ 41 _______________ 21 _______________

36 _______________ 26 _______________ 46 _______________

LU 1.2 LU 2.2 LU 1.10
  • Herbenoem en verdubbel:
LU 1.8 LU 1.10

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 200 ken en lees en skryf getalname van 1 tot minstens 100;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder getalle orden, beskryf en vergelyk;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne.

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tydsverloop bereken;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden deur gebruik te maak van nie-standaard en standaard meeteenhede.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask