<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 33

Besparing van elektrisiteit

Aktiwiteit:

Om maniere te bespreek hoe om elektrisiteit te bespaar

[lu 3.2]

Bring ‘n ou elektrisiteitsrekening van julle huis skool toe en bespreek dit. Kyk hoe die bedrag van maand tot maand, somer en winter en huis tot huis verskil.

Bespreek wenke oor die besparing van elektrisiteit in julle huis. Deel dit vanaand met jou ouers.

Moenie warm kos/vloeistowwe in die yskas sit nie.

Moenie water in ‘n kastrol op die stoof kook nie – gebruik liewer die ketel.

Moenie ‘n kastrol met ‘n skewe boom gebruik nie, want dit het meer hitte nodig.

Moenie ‘n groot plaat gebruik vir ‘n klein kastrolletjie/pan nie – ongebruikte hitte gaan verlore

Moenie die stoof gebruik om ‘n vertrek te verwarm nie – ‘n verwarmer werk goedkoper.

Skakel onnodige ligte af .

Moenie meer as net genoeg warm water gebruik om te bad nie.

Sorg dat krane en storte nie lek nie.

Gebruik koue water vir wasgoed.

ONTHOU: jy betaal vir die elektrisiteit wat jy vermors!

Kies ‘n vertrek in jou huis. Knip prentjies van toestelle wat die meeste in daardie vertrek gebruik word uit ou tydskrifte en koerante. Advertensies van meubelwinkels sal ook goed te pas kom. Plak dit in die spasie hieronder.

Assessering

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

Memorandum

Hoe om elektrisiteit te bespaar

  • Warm kos in die yskas is verkeerd.
  • Water kook in ‘n kastrol is verkeerd, in ‘n ketel is korrek.
  • ‘n Skewe kastrol is verkeerd, ‘n plat boom is korrek.
  • ‘n Klein kastrol op ‘n groot plaat is verkeerd, ‘n klein kastrol op ‘n klein plaat is korrek.
  • ‘n Stoof as verwarmer is verkeerd, ‘n verwarmer is korrek.
  • Om onnodige ligte af te skakel, is korrek.
  • Te veel water in ‘n bad is verkeerd.
  • Stort is korrek.
  • Warm water vir wasgoed is verkeerd.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask