<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad1

Storietyd

Module 3

Die haas en die skilpad

Die wonderwêreld van stories!

Stories is wonderlik! Niemand weet hoeveel stories daar in die wêreld bestaan nie! Sommige stories kom al oor baie geslagte. Party van hulle staan in boeke opgeskryf en ander word nog steeds mondelings oorvertel.

  • Hou jy van stories
ja nee
  • Hoe voel jy wanneer jy na ‘n storie luister?
  • Sê vir jou maats hoekom jy so voel.
  • Wie vertel of lees vir jou stories?
  • Mamma Ouma
  • Pappa Oupa
  • Broer Juffrou
  • Suster

Bring jou gunsteling storieboek klas toe.

Vertel vir ons iets daarvan, of vertel iets oor die mooiste storie wat jy nog ooit gehoor het. Waar het jy hierdie storie gehoor? Wie het vir jou hierdie storie gelees of vertel?

Teken ‘n prent wat vir ons meer van jou storie vertel.

Ek kan dink!

Elke dag word daar nuwe stories geskryf. Jy kan ook ‘n storie opmaak! Almal gaan sit nou in ‘n groot kring. Jou opvoeder sal ‘n nuwe storie met een sin begin. Dan gooi sy ‘n bal na een van die leerders. Die een wat die bal vang, moet die storie verder vertel. Dink enigiets uit: Wees kreatief. Vertel jou storie vir jou ouers, broer of suster.

Ek het van ons klas se storie gehou. ja nee
Ek het gehelp om ons storie uit te dink. ja nee
Ek sal ons storie vir my ouers of ander kinders kan vertel. ja nee

Die skilpad en die haas

Jou opvoeder sal vir julle die storie van “Die skilpad en die haas” vertel. Kyk of julle die storie kan speel.

Ek het deelgeneem aan die konsert. ja nee
Ons het as groep saamgewerk om die konsert te hou. ja nee

Kan jy nou ‘n prent teken wat die storie vertel?

Assessment

Leeruitkomstes(LUs)
GESKIEDENISLU 3
HISTORIESE INTERPRETASIEDie leerder kan aspekte van geskiedenis interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 kan reageer op stories oor die verlede (luister na stories en kommentaar lewer).
KUNS EN KULTUURLU1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 ( drama ) – deur drama reageer op stimuli in stories en speletjies, insluitende die opmaak van ‘n slot vir stories wat deur die opvoeder aangebied word;

Memorandum:

Die skilpad en die haas

Die haas het die skilpad gespot omdat hy sulke kort bene gehad het en so stadig geloop het.

“As ons resies hardloop, sal ek jou wen,” sê die haas vir die

skilpad, en lag.

Die skilpad het dadelik die uitdaging aanvaar.

Daar is besluit dat die wolf sou besluit watter pad hulle moes hardloop. Hy sou ook besluit wie die wenner sou wees.

Die resies het begin en die haas het met ‘n spoed weggetrek.

Die skilpad het stadig, baie stadig die wedloop begin.

Blitsvinnig het die haas so ver voorgeloop, dat dit ‘n uitgemaakte saak was dat hy sou wen. Só seker was hy van sy saak, dat hy halfpad eers ‘n bietjie gerus het. Gou was hy vas aan die slaap.

Heelwat later, terwyl hy lê en slaap, het die skilpad verby gekom en stadig maar seker die wenstreep oorgesteek.

Al die diere het gejuig en die wolf het die skilpad as die wenner aangewys. Toe die haas wakker skrik en die skilpad nêrens kon sien nie, het hy so vinnig as wat hy kon die wenstreep oorgesteek, maar teen daardie tyd was die skilpad reeds die wenner!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask