<< Chapter < Page Chapter >> Page >

psalms ..............................................................................................

stamp ..............................................................................................

Aktiwiteit 4

Om inligting uit ‘n kodekaart om te sit in geskrewe taal [LU 5.4.3]

'N GEHEIME BOODSKAP ('n Mondelinge aktiwiteit)

Die leerders is baie lief om vir hul maats geheime boodskappe te stuur en Juffrou gee glad nie om nie – op een voorwaarde, en dit is dat hulle wiskunde- bewerkings moet gebruik.

Emile skryf toe vir Bennie 'n geheime boodskap. Kan jy dit ontsyfer? Vergelyk jou antwoord met dié van 'n maat.

KODEKAART

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
A B C D E F G H I J K L M
14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26
N O P Q R S T U V W X Y Z
6 + 5 7 + 8 9 + 4
21 - 2 4 x 4 15 ÷ 3 12 - 7 24 ÷ 2
15 + 4 6 ÷ 6 24 - 23 6 + 7
6 x 3 7 x 3 28 ÷ 4 31 - 29 50 ÷ 2

Aktiwiteit 5

Om jou keuse te maak en dit neer te skryf [LU 5.3.1]

Hoekom dink jy sal Emile vir Bennie so 'n boodskap gee? Bespreek alle moontlike redes in jul groepie en kies dan die rede wat vir jou die beste is en skryf dit hier neer.

...............................................................................................................

...............................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.2 op kultureel gepaste maniere optree:

2.2.1 bekende situasies rolspeel (soos gee aanwysings).

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken:

5.3.1 ‘n eenvoudige proses mondelings beskryf en beskryf dit, met ondersteuning, ook skriftelik;

5.4 inligting van een modus na ‘n ander oordra:

5.4.3 inligting uit ‘n tabel, grafiek of diagram gebruik om ‘n kort teks te skryf.

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 bekende woorde korrek spel:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme).

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde.

Memorandum

Aktiwiteit 2

(b) (i) haar, julle, jul

(ii) hy, sy, sy, hulle

(iii) hom

(iv) hom, ek, jy, jou, my, Ek, jou, jou

(v) haar, haar, Sy, hulle

Aktiwiteit 3

(b) (i) kuns, prent

(ii) klasmaats, kaart

(iii) hemp, warm

(iv) hemp, self

(v) werk, merk

(vi) terg, kerm

(vii) melk, dors

(viii) wens, kamp

(c) klomp: ‘n groot groep mense

kramp: pynlike saamtrek van die spiere

plank: dun stuk hout

snaaks: grappig, kattig of gemeen

skerp: met ‘n punt wat nie stomp is nie

swaard: ‘n wapen om mee te kap en te steek

psalms: liedere wat in die kerk gesing word

stamp: stoot (hard en vinnig druk)

Aktiwiteit 4

K KOM 6 + 5 = 11 7 + 8 = 15 9 + 4 = 13
SPEEL 21 – 2 = 19 4 x 4 = 16 15 ÷ 3 = 5 12 – 7 = 5 24 ÷ 2 = 12
SAAM 15 + 4 = 19 6 ÷ 6 = 1 24 – 23 = 1 6 + 7 = 13
RUGBY 6 x 3 = 18 7 x 3 = 21 28 ÷ 4 = 7 31 – 29 = 2 50 ÷ 2 = 25

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask