<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kan jy nog onthou hoe groot Willie is? Waar sal jy hom laat slaap? Sal hy in ‘n groot bed kan slaap? Waaruit sal hy eet? Waarmee sal hy eet?

Watter kos sal jy vir hom gee? Hoe sal hy maak as hy wil gaan bad? En as hy lus is om te gaan swem?

Dink ‘n bietjie aan die manier waarop Willie en al die ander Wapse verjaarsdae vier. Wat sal hy sê as hy jou volgende verjaarsdagpartytjie kan bywoon? Wat sal hy sê as hy al die verskillende lekkers en koeldrank sien?

Maak jou oë toe en verbeel jou dat Willie vir drie dae lank by jou gaan kom kuier! Is jy opgewonde? Wat gaan jy en Willie alles doen?

Willie kom kuier

..........................................................................................................................................

LU 4.4 LU 4.5 LU 4.6
  • Skryf die woorde hieronder langs die prentjie wat daarby pas

mier tien nies sout woud riet

vlieg koud oud goud

LU 1.6 LU 6.1

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk skryf en dit hersien.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryf sodat ander kan verstaan.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder begin woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask