<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 1.5 LU 2.5

Die leerders het teen hierdie tyd ‘n redelike woordeskat opgebou. Hulle behoort teen hierdie tyd ook eenvoudige biblioteekboeke met eenvoudige woordeskat en baie herhaling te kan lees. Nooi leerders uit om sulke boeke by die skool te kom lees. Hulle kan die storie voorlees en vertel hoekom hulle daarvan hou. Bespreek die karakters en gebeure in die boek. Maak seker dat, selfs al het hulle die storie gememoriseer, hulle die boeke korrek hanteer (reg vashou, korrek blaai, ens.). Laat leerders die storie voorspel deur na die voorblad en prente in die boek te kyk. Wanneer hulle vashaak, kan hulle na ander woorde in die sin of na die prent kyk, of hulle kan “raai” wat die woord dalk kan wees. Daar is weer eens heelwat uitkomste wat hierop van toepassing is. Die onderwyser kan elke keer op ‘n ander aspek fokus en die leerders oor ‘n tydperk toets.

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3

LU 3.4 LU 3.6

In hierdie module gaan die leerders heelwat hersiening doen van die frekewensie-woordeskat wat reeds aangeleer is. Sorg dat hulle dit gereeld lees en gebruik. Flits die woorde vir hulle en laat hulle dit gebruik wanneer hulle stories skryf.

LU 3.4

Leer ook vir hulle die volgende woorde aan as frekwensie-woordeskat: jaag, stert, vinnig, soek, verloor, hartseer, kwaad, bang, opgewonde.

LU 3.4

Lees die storie aan hulle voor. Vra vooraf vir die leerders om spesifiek te luister hoe Makkie sy stert verloor het. Vra aan die einde van die storie vir hulle hoe dit gebeur het. Doen dieselfde met ander stories. Vra vooraf vir die leerders om vir iets spesifieks, of vir ‘n hoofgedagte, te luister (bv. luister na die storie en probeer agterkom hoeveel kinders altesaam in die park gaan speel het, of hoekom Hansie so graag nuwe skoene wou hê). Doen dit totdat u uiteindelik al die leerders hierop geassesseer het.

LU 1.3

Vra na die storie vir die leerders hoe hulle voel as hulle iets verloor het (dit sluit ook by die vorige module aan). Laat hulle veral oor hulle gevoelens gesels. Wat maak ons nog ongelukkig? Wat maak jou bly / kwaad / opgewonde?

LU 2.1

Daar is ‘n hersieningsbladsy van woorde wat die leerders in die eerste paar modules geleer het. Laat hulle die woord met die regte prentjie verbind (elkeen in ‘n ander kleur, anders is dit moeilik om na te sien).

Laat die leerders die sinne eers in groepe en later individueel lees. Hulle moet ook ‘n prent teken wat by die sinne pas.

Leerders een of twee sinne skryf wat by die prent pas. (Hulle kan die woordeskatbladsy gebruik.)

Gesels ook met die leerders oor “groot” en “klein”. Begin die gesprek deur te sê dat Makkie se stert baie klein is, terwyl die bos baie groot is. Laat leerders nog voorwerpe in die bos uitwys wat baie groot of baie klein is. Hulle moet die inligting dan in die tabel ovoorstel. Aan die een kant moet hulle alles in die bos teken wat kleiner as Willie is, aan die ander kant alles wat groter is. (Die gesprek kan ook uitbrei na ander alledaagse voorwerpe wat groot en klein is).

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie en teken die prentjie

Willie en Makkie speel in die bos. Hulle speel aan-aan. Willie hardloop. Makkie hardloop vinnig. Willie vang vir Makkie. Makkie se stert is weg! Willie en Makkie is baie hartseer. Hulle soek en soek. Die stert is weg! Pappa en Mamma help ook soek. Hulle soek in die bos. Waar is Makkie se stert?

LU 3.4

………………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………….

LU 4.3
  • Wat is groter en kleiner as Willie?
Groter as Willie Kleiner as Willie
LU 5.1
  • Bou die woord en teken die prent

LU 3.5
aa aartappel gaan
haan kraan traan
saam maan raas
ee geel meet
see weet veel
been leer bees
LU 3.4

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder vir verskillende doeleindes skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask