<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die ooraanbod van lcd-televisies het die pryse met sowat 40% die afgelope jaar verminder. Daar word verwag dat pryse met ‘n verdere 20% in die huidige jaar gaan daal. Volgens kenners sal lcd-skerms met ‘n afmeting van 81 cm die komende Kersseisoen R11 000,00 kos in vergelyking met R20 000,00 die vorige jaar.

Die oorskatting van die vraag na lcd-televisies is voordelig vir die verbruiker, maar rampspoedig vir die vervaardigers. Hulle moes toekyk hoe vet winste omskakel na vet verliese.

Die ooraanbod van nuwerwetse plat televisies illustreer baie duidelik hoe riskant dit tans is om geld te maak uit verbruikerselektronika. Die tegnologie verander so snel dat produkte vinnig verouderd raak en pryse in die proses drasties daal. Persoonlike rekenaars van twee jaar gelede is vandag so te sê waardeloos, soos ook in die geval van digitale kameras.

Die oorsaak hiervan is die gebruik van mikroskyfies in elektronika: hierdie skyfies word elke twee jaar dubbeld so vinnig.

Chinese vervaardigers maak blitsvinnig alles na en verkoop kwaliteit namaaksels teen hiperlae pryse. Die winsgrens op hierdie produkte is baie klein.

Samsung en LG Philips gaan desnieteenstaande voort om groot bedrae geld in nuwe fabrieke te belê. Laasgenoemde het die grootste lcd-fabriek in die wêreld vanjaar geopen teen ‘n koste van 40 miljard rand. Hierdie twee markleiers het verwag dat die vraag na lcd-televisies sodanig sal toeneem teen die einde van 2005, dat daar weer ‘n tekort sal ontstaan. As dit sou gebeur, dan skiet die winste die daaropvolgende jaar weer die hoogte in.

Intussen moet hierdie vervaardigers ook rekening hou met nuwe maatskappye wat ook tot die mark toetree. Dan is daar ook nog nuwer en meer gevorderde tegnologieë waarmee daar rekening gehou moet word soos plasma-televisies wat ook plat skerms het. Nuwer, energiebesparende tegnologie soos oled-televisies sou in die toekoms wel lcd kan vervang.[OLED is ‘n afkorting vir organic light emitting diode (organiese liggewende halfgeleiers).]

Verwerk uit ’n artikel in Elsevier , 7 Mei 2005

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal hoekom sekere goedere duurder is as ander

[LU 1.3]

Jou ouers het besluit dat dit tyd geword het om ‘n nuwe televisiestel te koop. Julle gaan Saterdagoggend na die winkels toe wat televisiestelle verkoop. Daar vind julle dat daar ‘n groot verskeidenheid stelle beskikbaar is. Onmiddellik wys die verkoopspersoon vir julle die televisiestelle met ‘n plasmaskerm. Dit blyk egter dat hierdie stelle baie duurder is. Maar dan weer is die beeld soveel skerper en helderder.

Bespreek die volgende:

  • Hoekom is die stelle met die plasmaskerms (LCD = Liquid Crystal Display) duurder?
  • Is dit nuwe of ou tegnologie? Hoe weet jy dit?
  • Word die stelle plaaslik vervaardig of word hulle ingevoer?
  • Is die aanvraag na hierdie televisiestelle groot?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed;
1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en –bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor;
1.3 verduidelik die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse.

Memorandum

  • Deur middel van ‘n praktiese voorbeeld word die kwessie van vraag en aanvraag verduidelik.
  • Die verskil tussen “vrye” en “ekonomiese” goedere word verduidelik.
  • Die leerders word gelei om tussen behoeftes en begeertes te onderskei.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask