<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Na afloop van sy vrae kry die klas die geleentheid om ander vrae aan die paneel te stel.

LU/AS 1.2

Ontwerp jou eie voedselproduk

  • Stappe tydens die beplanning en die maak van jou voedselproduk

Die volgende stappe mag jou goed te pas kom tydens die beplanning en die maak van jou produk. Die onderskeie stappe word eers diagrammaties voorgestel en daarna word elkeen se betekenis kortliks verduidelik.

ONTLEED DIE ONTWERPVOORSTEL
VERSAMEL NAVORSINGSRESULTATE
ONDERSOEK IDEES
SKRYF ‘N SPESIFIKASIE
BEPLAN EN VERVAARDIG VOEDSELPRODUK
KWALITEITSKONTROLE
EVALUEER DIE SUKSES VAN DIE VOEDSELPRODUK
  1. Ontleed die ontwerpvoorstel

Die beplanning en die maak van die voedselproduk begin by die ontleding van die ontwerpvoorstel. Hierdie module se ontwerpvoorstel is:

Beplan en maak ‘n energiestafie wat sportmanne kan eet om hulle energievlakke voor ‘n belangrike byeenkoms te verbeter.

Deur die noukeurige ontleding van hierdie ontwerpvoorstel moet die suksesvolle voedselproduk:

  • ‘n stafievorm aanneem;
  • energie na inname vrystel; en
  • aanloklik wees vir sportmanne en -vroue.
  • Versamel navorsingsresultate

Dit is raadsaam om te kyk na soortgelyke produkte en idees. Raadpleeg gerus resepteboeke, tydskrifte en koerante. Besoek verskeie kafees en winkels en moenie huiwer om met mense in gesprek te tree oor hulle voorkeure en afkeure nie. Probeer om ‘n onderhoud met ‘n dieetkundige oor die ontwerpvoorstel te voer, en bestudeer die etikette van bestaande soortgelyke produkte deeglik.

  1. Skryf ‘n spesifikasie

Die spesifikasie is in der waarheid ‘n opsomming van die voorvereistes soos wat dit verduidelik is in die ontwerpvoorstel. In hierdie geval sal die spesifikasie soos volg wees:

Die vorm van die lekkerny moet dié van ‘n stafie aanneem.

Die bestanddele moet geurig wees en dus lekker smaak.

Die bestanddele moet van so ‘n aard wees dat dit energie vinnig vrystel.

Die bestanddele mag nie veroorsaak dat die voedselproduk ‘n opkikker is nie.

Dit moet bekostigbaar wees.

Naam en beskrywing van die produk.

Grootte, vorm en voorkoms.

Bestanddele en die hoeveelhede.

Resep (hoe dit gemaak word).

Raklewe en bewaringsvoorskrifte.

  1. Beplanning en vervaardiging van jou voedselproduk

Sommige mense is onder die indruk dat daar net een manier van beplanning en vervaardiging bestaan.

Wanneer jy jou energiestafie beplan en vervaardig, moet jy jou kreatiewe denke toelaat om met oplossings en voorstelle na vore te kom. Aanvaar dat jy anders gaan dink en doen as jou maat. Jy kan wel jou maat se opinie inwin om jou produk te evalueer, maar jy moet nooit onder die indruk verkeer dat jou produk soortgelyk aan dié van jou maat moet wees nie.

Hier volg nuttige informasie wat jy kan aanwend tydens die beplanning en vervaardiging van jou energiestafie.

WAAROM IS ENERGIESTAFIES SO GEWILD? Hulle is gesond. Deur hulle te eet, word die liggaam voorsien van koolhidrate, vitamines en minerale, asook vesel en proteïne. Gewoonlik ondersteun dit enige sportman (-vrou). Energiestafies verteer maklik en voorsien die spiere van glukose. Energiestafies is gerieflik. Omdat die meeste energiestafies tussen 30 g en 80 g weeg, kan sportmanne dit maklik verpak. Dink maar aan hardlopers en fietsryers wat nie baie spasie het tydens deelname nie.RESEP VIR ENERGIESTAFIES VIR FIETSRYERSBestanddele
  • 24 gedroogde vye
  • 1 / 3 koppie heuning
  • 4 teelepels lemoensap
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • ½ teelepel koeksoda
  • ¼ teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel kookolie
  • ¼ koppie stroop
  • 2 eierwitte
  • 1 koppie hawermout
InstruksiesMeng eers die vye, heuning, lemoensap en suurlemoensap in ‘n voedselverwerker. Meng nou al die ander bestanddele apart (behalwe die hawermout). Voeg nou die twee mengsels bymekaar en rol dit in die vorm van gholfballetjies (die mengsels maak omtrent 20 sulke balletjies). Bedek nou die balletjies met die hawermout en bak dit teen 350 grade Fahrenheit vir ongeveer 10 – 15 minute (werk gerus uit hoeveel grade Celsius dit is). Bewaar jou produk in die yskas.
LU/AS 1.1
LU/AS 1.2
LU/AS 1.5
LU/AS 1.6
  1. Evaluering van jou produk

Somtyds moet ‘n mens nie jou eerste produk as jou beste poging aanvaar nie. Gebruik jou maats om die kwaliteit en die aanvaarbaarheid van jou energiestafie te evalueer. Moet ook nie oorsensitief wees vir kritiek nie. Gebruik jou maats se aanbevelings en onthou dat die persone wat jou produk gaan koop met dieselfde kritiese oë as jou maats daarna kyk. Stel gerus ‘n proewerspaneel aan. Ons gebruik ‘n proewerspaneel om ‘n paar mense die geleentheid te gee om ‘n oordeel oor jou produk te fel. Dit is nie wenslik om net een persoon se mening oor die sukses van jou produk uit te vra nie. Hoe groter die groep, hoe groter word die kanse dat jy verskillende menings gaan kry. Probeer gerus om jou produk so aan te pas dat die meeste van die proewerspaneel se behoeftes bevredig word.

So werk ‘n proewerspaneel

  • Maak meer as een energiestafie.
  • Merk hulle A, B, C, ensovoorts.

Gebruik dan ‘n stel kriteria waarvolgens hulle moet beoordeel. As jy nie ‘n stel kriteria opstel nie, sal die proewerspaneel nie weet waarna om te kyk nie en sal jy dit baie moeilik vind om die resultate te verwerk. Ons sluit vir jou ‘n voorbeeld van ‘n lysie kriteria in:

KRITERIA VIR DIE BEOORDELING VAN ‘N ENERGIESTAFIE
Kriteria Skaal
Baie goed Taamlik goed Aanvaarbaar Nie goed nie
1. Verpakking
2. Tekstuur
3. Smaak
4. Grootte
5. Kleur
LU/AS 1.12

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek :1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ’n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste;
Ontwerp :1.5 ’n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ’n produk of stelsel met betrekking tot ’n gegewe probleem, behoefte of geleentheid;
Evalueer :1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en stel verbeteringe of wysigings voor.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Verwerking :2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur).

Memorandum

VOEDSELTEMPERATUURKAART
Kamertemperatuur 25°C
Vrieskastemperatuur 0°C
Water se vriespunt 0°C
Water se kookpunt 100°C
Pasteurisasie-temperatuur 72°C
Yskas se temperatuur 5°C
Liggaamstemperatuur 37°C
Baie warm – bakterieë word vernietig 72°C

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask