<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en lewenswyse

Module 7

Verskillende tipes grond

Aktiwiteit:

Om die verskillende grondtipes te ondersoek en te identifiseer

[lu 1.2, 1.3, 2.2, 2.3]

Die belangrikheid van grond

Voordat ons meer saad saai of plante plant, behoort ons 'n deeglike studie van grond te maak. Het jy al gewonder hoeveel grond daar op aarde is en waar dit vandaan kom?

Toe die aarde baie, baie jare gelede gevorm is, het dit net uit rotse bestaan. Soos die rotse verkrummel het en dit deur wind en water verweer is, is grond gevorm. Op hierdie manier is 'n grondlaag op die aardoppervlak gevorm. Die proses geskied steeds daagliks.

Die boonste laag grond (30 - 40 cm diep) word die bogrond genoem. Onder die bogrond is 'n laag ondergrond. Heel onder is 'n rotslaag.

Gebruik die inligting om die onderstaande skets van byskrifte te voorsien:

Kom ons maak 'n verdere studie van die tekstuur van grond. Omdat grond in kleur en samestelling verskil, is dit nie oral dieselfde nie!

Eerstens moet jy drie 2-liter plastiekkoeldrankbottels versamel. (Jy mag tregters en glasflesse gebruik as jy het). Sny die boonste gedeeltes met 'n skerp mes af. Rangskik die bottels soos in die onderstaande skets. Verwyder die proppe van die bottels en draai die boonste gedeelte onderstebo in die onderste gedeelte van elke bottel. Plaas 'n stuk watte in elke bottelnek. Vul die boonste gedeeltes onderskeidelik met klei-, sand- en leemgrond. Skink nou 'n koppie water in elke bottel met grond. Hoeveel water word deurgelaat?

Watter grond het die meeste water laat deursyfer?

het baie min water laat ontsnap.

Verrottende materie

Plantjies wat in grond groei met ‘n tekort aan sekere voedingstowwe, sal nie as sterk plantjies ontwikkel nie.

Party boere glo nie daaraan om gebruik te maak van kunsmis of enige ander mensgemaakte chemiese stowwe nie, maar om eerder blare, onkruid, teeblare uit die kombuis, skille van groente, ens. terug in die grond te werk. Dit word as natuurlike kompos of humus beskou.

Samevatting:

Daar is DRIE grondtipes, naamlik:

LEISANDLEEM (goeie tuingrond)Baie fyn deeltjies wat aanmekaar vaskleef.Bestaan uit growwe, los deeltjies.Dit is 'n goeie mengsel van sand, klei en humus.Die meeste water wat geabsorbeer word, word behou.Dit behou nie water nie; die meeste loop weg.Dit behou die regte hoeveelheid water vir plante.Dit behou kunsmis.Kunsmis word weggespoel.Dit absorbeer en behou kunsmis.Plante word goed geanker in kleigrond omdat dit nie maklik wegwaai of wegspoel nie.Plante word weggewaai en weggespoel tesame met die grond.Dit word nie weggewaai of weggespoel nie. Plante word goed daarin geanker.Kleigrond is altyd koel.Sand word baie warm of baie koud.Leemgrond behou 'n konstante temperatuur.Arm aan gasse

Opdrag 1:

Vul die ontbrekende woorde in om die sinne te voltooi:

  1. -grond behou 'n groot hoeveelheid water omdat die deeltjies (korrels)

is en aanmekaar vaskleef.

  1. -grond bevat humus.
  2. Plante word nie goed geanker in -grond nie, omdat dit maklik weggewaai of weggespoel word.
  3. -grond absorbeer en behou kunsmis.
  4. Watter grond word baie koud, asook warm?

WAAR of ONWAAR? HOEKOM?

  1. Klei is die beste tuingrond.
  1. Sandgrond word gou warm.
  1. Mielies groei goed in kleigrond.

VERKLAAR

  1. Plaas twee koppies tuingrond in 'n leë 2-liter koeldrankbottel. Vul die res van die bottel met water. Plaas jou hand oor die opening en skud die bottel goed. Laat dit vir 3 - 4 uur staan.

Wat sien jy?

  1. Kan jy die boonste en onderste lae identifiseer? (Nie die water nie).
  1. Maak 'n skoendoos vol sand en blaas dan deur 'n strooitjie daarop. Wat gebeur met die sand?
  1. Laat twee maatjies (met hul eie strooitjies) terselfdertyd saam met jou oor die sand blaas. Wat gebeur? Herhaal hierdie proses weer, maar hierdie keer oor die grasperk.
  1. Voorspel wat in droë, dorre, sanderige gebiede en woestyne gebeur:
  1. Voltooi die volgende stelling: Plante is dus noodsaaklik omdat

Opdrag 2: kweek jou eie plantjies (groepwerk)

Verdeel die volgende take onder mekaar:

  1. Bring ‘n pakkie sade/blombolle skool toe.
  2. Bring ‘n inkopiesak vol tuingrond skool toe.
  3. Bring ‘n kissie/houer om die grond in te sit.
  4. Bring ‘n bietjie gruis.

Beplan daarna die volgende:

  1. Laag gruis onder in die kissie.
  2. Vul nou met tuingrond.
  3. Maak gate met ‘n ou potlood ongeveer 3cm diep (sorg dat dit ‘n entjie uit mekaar is).
  4. Plant sade/bolle.
  5. Besluit hoe julle die volgende take gaan verdeel:
    1. Sade/bolle moet daagliks water kry (matig).
    2. Kissie moet heeldag sonskyn geniet.
    3. Daaglikse waarneming en aantekeninge.

Al jou tyd en arbeid sal nutteloos wees, indien jy nie die plante gereeld water gee nie. Die eerste week nadat 'n plant verplant is, is kritiek vir enige plant. Dit moet elke dag, of ten minste elke tweede of derde dag, water kry. Indien jy in 'n nat deel van die land woon, sal jy nie jou plante so gereeld natlei nie.

Klein en middelmatige plante en struike verkies 'n ligte sproei eerder as om in 'n dammetjie water verdrink te word.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoeke beplan;

1.2   ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindinge kommunikeer;

Memorandum

Byskrifte: bogrond

ondergrond

rotslaag

Water: sand

klei

Opdrag 1:

  1. klei, fyn
  2. leem
  3. sand
  4. leem
  5. sand
  6. OW – klei het te min lug, geen humus, moet leemgrond wees
  7. W, min water.
  8. OW – klei het te min lug, geen humus, moet leemgrond wees, sandgrond
  9. dit vorm lae
  10. humus (bogrond) / gruis en klein klippies
  11. dit waai/versprei
  12. dit versprei meer / grasperk gebeur niks
  13. verskuiwing van sand/duine vind aanhoudend plaas
  14. die grond bind en gronderosie word verhoed

1. sanderige gebied met lae reënval

  • winderig. Reën is skaars,woestynagtig
  • gem. reënval met leemgrond
  • bergagtig, reënerig, baie sneeu en ‘n lae temperatuur
  • sanderige gebied met lae reënval
  • baie sonskyn, kleigrond
  • winderig, reën is skaars, woestynagtig
  • gemiddelde reënval met leemgrond
  • Baie sonskyn, kleigrond
  • gemiddelde reënval met leemgrond

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask