<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3. Watter een van die twee gedigte is meer op stemming en atmosfeer gerig? Gee redes vir jou antwoord.

4. Watter een fokus meer op die “boodskap”?

5. Wat word ’n gedig wat uit vier versreëls bestaan (soos teks D), genoem?

LU 3.5

Assessering

LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra;
2.3 basiese praatvaardighede toon;
2.4 om basiese interaksievaardighede te toon;
2.5 om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra;
2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees;
3.4 begrip toon van informatiewe tekste;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip toon van ’n teks;
3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ‘n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks;
6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel:
6.6 met woorde werk (afleidings).

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Groepwerk – beplanning van navorsingsonderwerp. Die rol van die onderwyser is kardinaal in terme van leiding gee. Daar moet struktuur wees.

2. Elke lid van groep het sekere rol. Raamwerk moet sinvol wees.

3. Verwysingstegnieke en –konsensies: die verkorte Harvardmetode word baie algemeen gebruik en dit kan nuttig wees om dit aan hulle bekend te stel (basies; nie te veel nie). ‘n Baie nuttige nuwe publikasie om te gebruik is Müller, Dalene. 2003. Skryf Afrikaans van A tot Z. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.

4. Stal projekte uit.

AKTIWITEIT 2

1. Praatvaardighede. Onderwyser gee leiding, veral tydens debatvoering – struktuur en prosedure is belangrik.

Die woord “uniek” is prominent hier. Gebruik die geleentheid om oor “absolute” te gesels: kan iets “baie uniek” wees? Soek nog voorbeelde van hierdie soort woorde.

  1. Leerders word aangemoedig om selfrefleksie te doen.

AKTIWITEIT 3

1. Direkte en indirekte rede. LW: Verskeie moontlikhede antwoorde.

  1. Valiant Swart, wat nie uitgepraat kon raak oor sy blikkies nie, het gesê dat sy BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies (vir klank) oral saam met hom gaan.
  2. Mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville sê; “Bestellings vir dié eg Suid-Afrikaanse produk stroom in.”
  3. Wells sê: “Die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val.”

‘n Mens kan hier ‘n bietjie oor inleidende woorde gesels, bv. in sin b) kan ‘n mens die woord “entoesiasties” ná “sê” invoeg, ens.

AKTIWITEIT 4

1. Sinonieme

2. Antonieme

3. Homonieme

Eie sinne.

AKTIWITEIT 5

1. Lees vir genot en inligting.

a) Verskille: lank / kort (kompak)

B= Meer musikaal

B= “ouer” – kyk woordgebruik (bv. ferweel, vriende)

B= meer opvallende beeldspraak (bv. die skemer my wang soen, die man my aanhoor – personifikasie)

b) Eie insigte

  1. B is meer op stemming / atmosfeer gerig.
  2. C fokus meer op die “boodskap”
  3. ‘n kwatryn

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask