<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 4.7.2 LU 6.2.1
  • Lees verder…

Niemand stel meer belang in die kaskenades van die walvisse nie.

Hulle waterspuite spuit hoog in die lug en elke nou en dan lig hulle uit die water en val weer met 'n groot gespat neer. Almal soek die verlore Dirkie.

Miems en Ouboet kom uitasem aangehardloop. “Ons het hom gekry," skree hulle van ver af. Soos 'n blits is Mamma by hulle. “Waar? Waar? Wie het hom gekry?" vra sy en kyk in die rigting van die rotse. “Pappa!" sê die twee gelyk. “Hy was by die vlakwaterpoeletjies. Hy het daar gesit en skulpies bymekaar maak. Mammie moet sien sy emmertjie is al amper vol." Maar Mammie luister nie verder nie. Sy het klaar vir Pappa daar ver gewaar met iets op sy skouer.

  • Teken die gesin op die strand.
LU 3.3.1
  • Vertel 'n maat waar Dirkie was.

Skryf dit neer.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Skulpe is baie interessant. Kry ‘n boek oor skulpe in die biblioteek en lees van al die verskillende soorte wat ‘n mens kry.

Bespreek in klein groepies:

Die strand kan 'n gevaarlike plek wees.

Besluit of jy saamstem of nie.

  • Gee redes vir jou besluit.

As jy dink die strand (of sommige strande) is gevaarlik, skryf 'n paar kennisgewings om mense te waarsku teen gevare.

LU 3.5.1 LU 4.2.1 LU 4.5.1 LU 4.5.2

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

2.5.8 opbouende terugvoering aan ander gee;

Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder betrokke raak by gesprekvoering as ‘n sosiale vaardigheid.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;

3.5.4 woordeskat ontwikkel deur ‘n woordeboek te gebruik en ‘n persoonlike woordeboek saam te stel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin;

4.2.1 pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

4.2.2 begin om ‘n skryfstuk te beplan;

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke “publiseer”:

4.5.1 werk met ander deel deur dit hardop te lees en/of in die klas uit te stal;

4.5.2 skryfwerk met bedoelde teikengroep deel;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik:

4.7.2 punktuasie gepas gebruik;

Leeruitkomste 6 : TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:

6.2.1 sommige spelreëls gebruik om korrek te spel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask