<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Van wie se metode hou jy die meeste?

Hoekom?

Aktiwiteit 10:

Om probleme op te los wat die kies van, berekening met en herlei van standaard-eenhede insluit [LU 4.6]

1. In die vorige aktiwiteite is jy aan ‘n verskeidenheid van metodes blootgestel. Gebruik nou enige metode en bereken:

1.1 3 weke 5 dae + 7 weke 6 dae + 9 weke 2 dae

1.2 8 dae 17 uur + 5 dae 21 uur + 4 dae 19 uur

1.3 6 uur 45 min + 3 uur 38 min + 2 uur 54 min

1.4 5 min 29 sekondes + 9 min 43 sekondes + 4 min 42 sekondes

1.5 7 jaar 9 maande + 6 jaar 8 maande + 5 jaar 11 maande

Aktiwiteit 11:

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings van dieselfde probleem deur vergelyking en bespreking te bepaal [LU 2.6.1]

1. Kyk na die volgende probleem en bespreek die oplossings saam as ’n klas. Maak seker dat jy elke metode goed verstaan!

Sven het die program “Survivors” op TV gevolg en gesien dat Span A 4 dae en 18 uur geneem het om ’n sekere afstand af te lê. Span B het 7 dae en 5 uur geneem om dieselfde afstand af te lê. Hoeveel langer het dit Span B geneem?

1.1 Ek moet 7 dae 5 uur – 4 dae 18 uur bereken.

4 dae 18 uur tot 5 dae = 6 uur 5 dae tot 7 dae 5 uur = 2 dae 5 uur 2 dae 5 uur + 6 uur = 2 dae 11 uur

1.2 7 dae 5 uur – 4 dae 18 uur

7 dae 5 uur = 6 dae 29 uur (1 dag = 24 uur)6 dae – 4 dae = 2 dae29 uur – 18 uur = 11 uur

Die antwoord is dus 2 dae 11 uur

1.3 Ek bereken dit so:

6 5 + 24 = 29 (1 dag = 24 uur) 7 dae 5 uur − 4 dae 18 uur 2 dae 11 uur (29 – 18)

Watter metode verstaan jy die beste?

Aktiwiteit 12:

Om probleme op te los wat die kies van, berekening met en herlei van standaardeenhede insluit [LU 4.6]

1. Gebruik nou al die kennis wat jy tot dusver bekom het, kies vir jou ‘n metode en bereken:

1.1 19 weke 3 dae – 12 weke 5 dae

1.2 17 dae 13 uur – 11 dae 19 uur

1.3 9 uur 34 minute – 3 uur 47 minute

1.4 15 jaar 7 maande – 9 jaar 10 maande

UITDAGING!

Kyk of jy die volgende inligting in ’n biblioteek (of dalk van die Internet) kan kry:

1. Hoe het die maande van die jaar hul name gekry? (Jy weet reeds van Augustus!)

2. Hoekom het Februarie net 28 dae?

3. Hoekom het sommige maande 31 en ander 30 dae?

Maak ’n kleurvolle plakkaat van bogenoemde inligting en deel dit met die klas.

Assessering

LU 2
Patrone, funksies en algebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel, en probleme op te los deur gebruik te maak van algebraïese taal en vaardighede.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.6 bepaal, deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word:2.6.1 woordeliks;2.6.3 met getalsinne.
LU 4
MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die naaste minuut en sekonde lees, sê en skryf;
4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend dekades, eeue en millennia;
4.3 instrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en stophorlosies;
4.4 maniere in verskillende kulture beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen te meet en voor te stel;
4.5 SI-eenhede gebruik om voorwerpe en vorms te skat, te meet, aan te teken, te vergelyk en te orden met geskikte akkuraatheid vir:
  • massa m.b.v. gram (g) en kilogram (kg);
  • kapasiteit m.b.v. millimeter (mm), sentimeter (cm), meter (m) en kilometer (km);
  • lengte m.b.v. millimeter (mm), sentimeter (cm), meter (m) en kilometer (km);
4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede (sien hierbo) behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en Natuurwetenskappe geïntegreer word;
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
  • badkamerskale, kombuisskale en balanse om massa te meet;
  • maatbekers om volume te meet;
  • liniale, meterstokke, maatbande en klikwiele om lengte te meet.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.

1.1: 12

1.2: April; Junie; September; November

1.3: Januarie; Maart; Mei; Julie; Augustus; Oktober; Desember

1.4: 365

1.5: 366

1.6: 29

1.7: 5

1.8: 60

1.9: 60

1.10: 24

1.11: 52

1.12: 15

1.13: 45

1.14: 31

KOPKRAPPERS

10

1 000 jaar

eeu

AKTIWITEIT 3

  1. meet tyd tot 100ste van sekonde

AKTIWITEIT 4

1. 1.1 180; 1.2 120

150; 90

45; 15

54; 190

3 600; 1 440

1.3 kan verskil; 1.4 56

  • ;11
  • ;182 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {}

6; 732

KOPKRAPPER

299

AKTIWITEIT 5

2. 2.1: 06:20

2.2: 18:30

2.3: 15:45

2.4: 00:00 / 24:00

2.5: 02:42

2.6: 20:36

2.7: 17:15

AKTIWITEIT 8

1. 1.1 19 h 24 min.

- 06 h 52 min.

12 h 32 min.

1.2 13 h 40 min.

- 01 h 41 min.

11 h 59 min.

2. 06:40; 07:05; 07:30

07:55; 08:20; 08:45

09:10; 09:35; 10:00

3. 3.1: 08:25

3.2: 16:48

3.3: 21:22

3.4: 04:15

AKTIWITEIT 10

1. 1.1: 19 w 13 d

= 20 w 6 d

1.2: 19 dae 9 uur

1.3: 13 uur 17 minute

1.4: 19 min 54 sekondes

1.5: 20 jaar 4 maande

AKTIWITEIT 12

1. 1.1: 6 weke 5 dae

1.2: 5 dae 18 uur

1.3: 5 uur 47 minute

1.4: 5 jaar 9 maande

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask