<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Bespreek die boewe se straf. Dink julle dit was regverdig of onregverdig? Gee redes.
  • Watter ander soorte straf kon Koning Leeu vir hulle gegee het?
LU 3.2
  • Soek in koerante en tydskrifte vir kleurvolle advertensies. Knip hulle uit en maak ‘n “collage” vir die klaskamer.
  • Neem beurte om vir Juffrou te vertel:

1. Waarvoor word advertensies gebruik?

2. Wie lees die advertensies?

3. Wat is die kenmerke van ‘n goeie advertensie?

4. Ontwerp jou eie advertensie om leerders aan te moedig om onbederfbare voedselsoorte (pakkies rys, suiker, meel, jellie, blikkieskos, ens.) bymekaar te maak vir die arm gemeenskappe wat ‘n voedseltekort ondervind.

5. Bespreek die aangeleentheid met Juffrou. Miskien sal julle klas (of skool) so ‘n projek wil aanpak.

6. Teken jou advertensie hier.

7. Wys dit vir die klas en vra hulle om kommentaar te lewer.

LU 2.4 LU 2.5 LU 3.1 LU 4.4
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder maniere voorstel om probleme op te los.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele en prenteleidrade lees om betekenis te skep:

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eie en ander se skryfstukke bespreek;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir verskillende doeleindes skryf:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband met woorde te bring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask