<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Bestudeer die koerantberig uit Die Burger van 31 Desember 2004 en:

  • Bespreek in julle groepe die moontlikheid van ‘n cholera epidemie na hierdie natuurramp.
  • Maak voorstelle oor hoe so ‘n epidemie in hierdie geval moontlik voorkom kan word.
  • Lewer terugvoering aan die klas en skryf ‘n kort verslag oor julle bevindinge.

120 000 +

André Gouws en Reuters

KAAPSTAD - Waarskuwings van nóg ‘n tsoenami wat die kus van Asië gister kon tref, het veroorsaak dat paniekerige mense in Sri Lanka, Indië en Thailand die heuwels ingevlug het terwyl die dodetal in die skrikwekkende tsoenamiramp van die week tot meer as 120 000 gestyg het.

Een van die Suid-Afrikaanse slagoffers, mnr. Morris Isaacson (51) van Seepunt, is gister begrawe, maar talle families weet nog nie wat van hul geliefdes geword het nie. Luidens ‘n verklaring van die departement van buitelandse sake is daar nog 14 bevestigde vermiste Suid-Afrikaners in Thailand en 2 in Indië.

Mev. Dilly Findlay (45) van Simonstad word steeds in Thailand vermis.

Met die ramp wat sulke groot afmetings begin aanneem dat ‘n mens dit byna nie meer kan begryp nie, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gister in ‘n verklaring gesê 5 miljoen mense in die ramplande het nie meer toegang tot basiese lewensmiddele nie.

Gister se waarskuwings oor nog ‘n tsoenami het gevolg nadat ‘n aardbewing onder die see wat 5,2 op die Richterskaal geregistreer het, aan die kus van Sumatra voorgekom het.

Mnr. Mario Adamo, oud-Durbanviller wat nou ‘n restaurant in Phoeket besit, het gesê die tsoenami-waarskuwings is op televisie uitgesaai.

Daar was algehele paniek. Die owerhede het almal uit die strandgebied verwyder en baie het op heuwels gaan skuil, het hy gesê. “Daar is ‘n onheilspellende atmosfeer hier. Die weer is snaaks en dit lyk asof dit enige oomblik kan reën.” Volgens hom is daar mense wat al van Sondag af op heuwels sit en weier om af te kom omdat hulle bang is.

Adamo en sy vrou, mev. Annette Adamo, het talle Suid-Afrikaners gehelp om met hulle families herenig te raak, onder wie dr. Philip Finestone (42), en hul vier kinders, Sarah (9), Emma (7), Isabella (5) en Sophia (2). Hulle het op eergister se noodvlug in Suid-Afrika aangekom. Mev. Rickie Finestone (38) is te erg beseer en is nog op Phoeket, waar sy behandeling ontvang, het mnr. Brett Finestone, dr. Finestone se broer, gesê.

Adamo het gesê sover hy weet, is al die oorlewendes van die eiland Phi Phi verwyder, waar die tsoenami veral erge verwoesting gesaai het. Daar is nou net soldate op Phi Phi wat lyke begrawe.

Volgens Adamo het die owerhede begin om ‘n ondergrondse supermark op Phoeket wat oorstroom is, leeg te pomp en lyke te verwyder.

Die meeste sterfgevalle was in Indonesië, waar meer as 80 000 mense dood is. Duisende lyke is in massagrafte begrawe, met die reuk van verrotting wat swaar in die lug hang.

Sowat 5 000 buitelandse vakansiegangers – die helfte van hulle van Swede en Duitsland – word nog vermis, veral in Thailand. Thaise owerhede het bevestig 2 230 buitelanders het gesterf.

Die werklike omvang van die ramp kan eers oor weke bekend wees, met talle afgeleë gebiede wat nog nie eens bereik is nie.

Uit: Die Burger , 31 Desember 2004

  • Tipes simptome:
  • naar met braking;
  • maagkrampe;
  • beenkrampe;
  • diarree met ‘n baie droë vel.
  • Behandeling:

Die moontlikheid van ontwatering moet teengewerk word. Maak ‘n soutoplossing met behandelde water en gee dit deurlopend aan die pasiënt.

  • Voorkoming:
  • vermy kontak met water in damme, mere of riviere in cholera-gebiede;
  • indien jy onseker is oor die gehalte van die water, moet jy dit kook of ‘n klein hoeveelheid bleikmiddel byvoeg;
  • was groente en vrugte goed af en/of kook dit in behandelde water;
  • pas deurentyd goeie sanitêre gewoontes toe.

AKTIWITEIT 3

OM ‘N KONSEP TE OMSKRYF

[LU 3.2; 3.3]

  • Beskryf kortliks wat jy onder die konsep “sanitêre gewoontes” verstaan.

Assessering

LU 3

VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 vraagstukke wat met hulpbronne en dienste in ‘n spesifieke konteks gepaardgaan, identifiseer [identifiseer die vraagstuk];

3.2 faktore wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne as ander het, identifiseer [faktore wat die vraagstuk affekteer];

3.3 maniere voorstel om toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks te verbeter [maak keuses].

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • Baie goed; nat; stilstaande water; sanitêre geriewe vernietig; geen vars water
  • Aanry van vars water; monitor simptome; isoleer gevalle; verwyder mense uit gevaarareas

AKTIWITEIT 3

  • Badkameraktiwiteite
  • Liggaamsafval (vas of vloeistof) deur middel van gevestigde geslote sisteme weggevoer en gesuiwer

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask