<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Al die mense was baie, baie lief vir Moeder Aarde en haar dogter Persephone. Hulle het die mense geleer om te ploeg, te saai en te oes. Persephone was pragtig. Oral waar sy was, was daar vreugde. Alles was mooi. Eendag sien Persephone ‘n pragtige wit blom.

Sy wil dit graag hê. Sy pluk dit, maar dit wil nie afbreek nie. Sy ruk en pluk totdat dit los kom. Waar die blom was, is nou ‘n groot gat!

Sy hoor ‘n gedreun. ‘n Koets met swart perde kom uit die gat op! Dit is Hades van die Onderwêreld. Hy gryp die mooie meisie. Persephone roep om hulp. Net Apollo sien hoe Hades die mooie kind wegvoer. Niemand kom haar te hulp nie!

Hades wil ‘n koningin hê vir sy paleis diep onder die koue grond. Hy sal al sy rykdom met haar deel. Persephone wil nie by hom bly nie. Sy huil en huil. Sy verlang na Moeder Aarde, die son, plante, blomme en diere. Sy verlang so dat sy niks wil eet nie!

Op die aarde treur alles. Moeder Aarde raak vaal en oud. Die blomme, gras en bome raak bruin en gaan dood. Waar is hul mooie prinses?

Apollo vertel waar sy is! Zeus sal moet help om Persephone terug te bring. Hy stuur vir Hermes om met Hades te praat. Hermes vertel dat Moeder Aarde so treur dat niks wil groei nie. Al die mense gaan van die honger sterf!

Persephone huil vreeslik. Sy was so honger dat sy ses granaatpitte geëet het. Nou sal sy nooit weer haar ma sien nie!

Hades se hart raak sag. Persephone kan huis toe gaan. Terug na die sonskyn, blomme, plante en al die mense. Omdat sy ses pitte geëet het, moet sy vir ses maande van elke jaar by hom kom bly.

Moeder Aarde is so bly dat sy al haar skatte uithaal vir haar mooie kind. Vir ses maande vier hulle fees! As Persephone weggaan na Hades toe, gooi Moeder Aarde die aarde toe onder ‘n sagte wit kombers.

  • Kyk of jy mooi onthou:
  • Sê of die volgende reg of verkeerd is: √ of X
  • Die mense het self leer ploeg, plant en oes.
X
  • Eendag sien Persephone ‘n mooi wit blom.
  • ‘n Koets met wit perde kom uit die gat op.
  • Apollo is van die onderwêreld
  • Hades se paleis is diep onder die koue grond.
  • Die mense gaan nie van die honger sterf nie.
LU 3.6.2 LU 3.7
  • Verstaan jy?

Wanneer is dit winter?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Wanneer is dit somer?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Weet jy waarom daar seisoene is?
  • As jy weet, vertel vir jou maats en vir Juffrou.
  • As jy nie weet nie, gaan soek in die biblioteek. Jy sal dit by die nie-fiksie afdeling kry.
LU 5.2
  • Luister na die woorde. Watter klanke klink dieselfde?
duur boek doel
koek muur hoek
uur suur huur
doek voet vuur
  • Gebruik jou woordeboek of ‘n koerant en soek nog uu en oe-woorde.
  • Skryf die woorde neer en teken ‘n prentjie.
LU 1.6
  • Boeke wat stories vertel, is fiksie.
  • Boeke wat inligting gee, is nie-fiksie.

Kleur fiksie rooi in.

Kleur nie-fiksie blou in.

  • Teken nou jou eie grappie.
LU 5.6.1
  • Bring ‘n radio skool toe.
  • Luister na die programme en musiek terwyl julle werk.
  • Kies ‘n advertensie waarna jy geluister het.
  • Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat word adverteer?

..........................................................................................................................................

2. Hoekom adverteer mense dit?

..........................................................................................................................................

3. Het die advertensie vir jou gewerk?

..........................................................................................................................................

LU 4.6
  • Julle wil ‘n koekverkoping hou om geld vir boeke in te samel.
  • Werk in groepe en kyk wie die beste advertensie gemaak het.

Ons advertensie:

LU 4.9

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;

3.6.2 lees fiksie- en nie-fiksie-boeke wat hy/sy gelees het;

Assesseringstandaard 3.7: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n leeswoordeskat van tussen 700 en 1 500 alledaagse woorde demonstreer. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gaan gebruik, behoort hulle na 1 500 woorde te mik;

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder eie sinne skryf sonder om ‘n raam te gebruik, soos die uitdrukking van gevoelens en persoonlike menings;

Assesseringstandaard 4.9: Dit is duidelik wanneer die leerder kort tekste skryf met algemene vaste uitdrukkings (soos ‘n uitnodiging of verjaarsdagkaartjie);

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om begrippe en woordeskat rakende verskillende leerareas te verstaan (soos: maak ‘n tydlyn vir geskiedenis);

Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting van een vorm na ‘n ander oordra;

5.6.1 luister na ‘n kort praatjie en vul inligting op ‘n tabel in of skryf byskrifte by ‘n diagram.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask