<< Chapter < Page Chapter >> Page >

5 . Was mnr Maja en mnr Musibi in ’n goeie posisie om die skare se gemoedstoestand te beskryf? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die bronne.

5.1. Bestudeer Bron G. Verkry bewyse uit hierdie bron dat die skare wel ongewapen was.

6. Bestudeer Bronne B en E.

6.1 Hoe weerspreek die Eerste Minister, dr. Verwoerd, homself oor die swartmense van Suid-Afrika se gemoedstoestand?

6.2 Wat is volgens jou die rede hiervoor? (Bron E kan jou help met hierdie antwoord)

Lu 3: die leerder is in staat om ’n begrip van historiese interpretasie te toon

7 . Bestudeer Bron I.

7.1 Hoe word mense versoek om te protesteer?

7.2 Dink jy dis ’n doeltreffende manier om protes aan te teken? Motiveer jou antwoord.

7.3 Wat anders kon die swartmense volgens jou doen om hulle verset te toon?

8 . Bestudeer Bronne A tot I oor die reaksies op die Sharpeville-insident. Skryf jou eie reaksie op hierdie insident neer.

9 . Bestudeer Bron F.

9.1 Wat was volgens jou die rede waarom die ANC so teenoor die PAC gereageer het?

9.2 Vir wie het die ANC die skuld gegee vir die Sharpeville-slagting? Dink jy die ANC is korrek? Gee redes vir jou antwoord.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask