<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Sedert die turbines in Augustus opgerig is, het ons nog geen voorval gehad nie. Ons sê nie dit sal nie voorkom nie, maar indien wel, sal dit minimaal wees,” sê hy.

Drie bedreigde voëlspesies – die bloukraanvoël, die wit pelikaan en wit ooievaar – kom voor in die gebied waar Eskom se turbines opgerig is. Maar die turbines is nie in die pad van enige bestaande vliegroetes van dié voëls nie.

Groot voëls loop ‘n groter gevaar om in turbines vas te vlieg.

Swak lig – soos mis- of reënweer – kan ook ‘n rol speel omdat dit die lemme onsigbaar maak. ‘n Groot risiko bestaan as “torings” naby die lemme opgerig word wat sitplek bied vir voëls. Veral roofvoëls benut dit as ‘n jagplek en vlieg in die torings vas as hulle land of afduik na hul prooi.

In Spanje het navorsers bevind dat voëls net in gevaar is wanneer die turbines op verkeerde plekke opgerig is en dat net sowat 28 van die 190 turbines vir die dood van voëls verantwoordelik was. By die Alatamontpas in Kalifornië in Amerika is net 13 % van die turbines verantwoordelik vir vrektes.

Volgens mnr. Tony Stott, generator-omgewingsbestuurder van Eskom, is deeglike navorsing gedoen en geen probleme word ondervind nie.

Stott sê in die buiteland is daar meer voorvalle omdat daar baie meer turbines opgerig word as in Suid-Afrika.

Die twee turbines staan op die heuwel Moedmaag, ‘n Weskuskoppie sowat 20 km van Yzerfontein en 12 km van Darling. ‘n Derde turbine word binnekort opgerig.

Die wind waai hier gemiddeld 22 km/h en die gebied is volgens navorsers een van die wêreld se beste plekke vir die opwekking van windenergie.

Die rotors vang die wind en skakel die beweging om in 1,6 MW elektrisiteit per turbine. Ondergrondse kabels lei die krag ondergronds en stort dit 800 m verder in Eskom se hoofkragnetwerk.

Uit: Rapport , 5 Januarie 2003

1. Haal enige sin uit die gedeelte (behalwe die sin in (2) hieronder genoem) aan om voëlliefhebbers se vrese te bevestig.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. In Spanje is bevind dat 28 van die 190 turbines vir die dood van voëls verantwoordelik is. Sou jy sê die voëls se lewens is in hierdie geval (baie bedreig, min bedreig, glad nie bedreig nie.)

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Opdrag 3

3. Gesels met ander persone oor dié windkrag-eksperiment en noteer hul voorkeure of afkeure rakende die saak. Haal die koerantberig aan as jy hul insette vra.

DARLING WINDKRAG-EKSPERIMENT

Volle name van respondent Ten gunste van windkrag (Merk indien van toepassing) Nie ten gunste van windkrag (Merk indien van toepassing) Rede vir besluit.
Voorbeeld: Johan Walters Dit sal besoedeling verminder.
1.______________ _______ ___________ ______________
2. ______________ _______ ___________ ______________
3. ______________ _______ ___________ ______________
4. ______________ _______ ___________ ______________
5. ______________ _______ ___________ ______________

Noudat jy ander persone se menings gehoor het, formuleer ‘n gevolgtrekking uit hierdie data en hou dit aan die res van die klas voor.

Verdedig ook die algemene gevoel van die respondente. (Dit hoef nie noodwendig jou persoonlike gevoel te wees nie.)

GROEPASSESSERING: KRITERIA 1 2 3 4
Verslaggewing is volledig en saaklik ____ ____ ____ ____
Om gevolgtrekking te maak en te verdedig. ____ ____ ____ ____

4 Hidro-elektriese krag

WATERKRAG

Die Egiptenare het al baie eeue gelede lopende water gebruik om die masjinerie waarmee graan gemaal is, te laat werk, maar sedert 1882 word elektrisiteit ook met behulp van water opgewek. Dié elektrisiteit word hidro-elektrisiteit genoem en lewer byna ‘n kwart van die wêreld se elektriese krag.

Hidro-elektriese kragstasies word by damme of snelvloeiende riviere gebou. Die groot voordeel is dat water ‘n hernieubare bron is en nie besoedeling veroorsaak nie, maar aan die ander kant is daar min plekke in ‘n droë land soos Suid-Afrika waar hidro-elektriese kragstasies opgerig kan word.

Branderkrag is ‘n vorm van waterkrag wat groot belofte vir die toekoms inhou. Hier word die beweging van branders by die kus gebruik om krag op te wek.

Uit: Die Huisgenoot , 7 November 2002 bl. 104, 105

Die diagram hieronder wys hoe ‘n hidro-elektriese kragstasie lyk.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask