<< Chapter < Page Chapter >> Page >

STAP 2

Kies nou een voorbeeld, met ander woorde jy moet tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp besluit, om na te vors deur middel van ‘n vraelys. Gebruik hierdie vraelys om gefokusde inligting in te samel vir die volgende tema:

Die bydrae van erfenis tot die alledaagse lewe

Inligting kan verkry word van die volgende bronne:

  • in die plaaslike gemeenskap of by familielede;
  • in biblioteke;
  • in boeke, koerante en tydskrifte;
  • in rekenaarbronne, byvoorbeeld die Internet;
  • onderhoude met relevante mense soos ouer persone, kunstenaars, ontwerpers of vlytkunstenaars in die gemeenskap.

Maak seker dat jy duidelik begryp wat van jou verwag word voordat jy met die navorsing begin.

Onthou die volgende, indien jy ‘n onderhoud wil voer:

  • maak seker dat jy papier en ‘n pen of potlood byderhand het;
  • maak ‘n afspraak en wees betyds;
  • stel jouself bekend, maak jou tema duidelik en praat beleefd met mense wat jy dink bruikbare inligting kan verskaf;
  • gebruik die vraelys wat jy opgestel het.

Ander belangrike wenke:

  • Boekstaaf jou bevindinge met tekeninge, sketse of foto’s.
  • Bewaar enige uitknipsels, foto’s of ander voorwerpe in ‘n geskikte houer.
  • Maak ‘n sinvolle en ordentlike samevatting van al jou inligting aan die einde. Dit kan gedoen word in die vorm van ‘n plakkaat, collage, model of uitstalling van ‘n kunsvoorwerp(e).

STAP 3

Na afloop van die navorsing kan die navorsingstake in die klas of skool uitgestal word! Jy sal waarskynlik vind dat ander leerders ook daaruit leer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK (2.1 – 2.2)
uitvind oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan die klas verslag doen;
die wenslikheid verduidelik dat ‘n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word;
DANS (2.3 – 2.4)
navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video’s en dit in die klas aanbied;
waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek;
DRAMA (2.5)
die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale uitdrukking oor ‘n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport);
MUSIEK (2.6 – 2.7)
Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk;
enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word:
  • tromme – gemaak van hout, kalbas of klei – om te wys dat verskillende membrane gemaak is van bees-, bok- of donkievelle;
  • perkussie-instrumente – ratels ,klokke, klappers, mbira, xilofone, kalimba, likembe, lamallafone;
  • snaarinstrumente;
  • windinstumente – fluite gemaak van bamboes, riete, hout, klei of bene;
  • trompette gemaak van dierhorings of hout;
  • klarinette van die Savanna-streek gemaak van guineakoring of sorghum-stamme;
  • flugelhorn, saksofone en kitare;
VISUELE KUNSTE (2.8)
die bydrae van kuns, kunsvlyt en ontwerp tot die alledaagse lewe en tot die Suid-Afrikaanse erfenis ontleed deur inligting te versamel gedurende uitstappies, onderhoude of ander bronne.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask