<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Staties:
Weerlig:
Enige voorbeelde, bv.
Moenie oor die telefoon praat as daar donderweer is nie.
Kernkrag is die nuutste en gevaarlikste tipe brandstof beskikbaar.
Vervolgens gaan ons na die bronne van elektriese energie kyk. Ons let veral op die volgende:
Statiese elektrisiteit en weerlig
Selle
Batterye
Dinamo’s
Steenkoolaangedrewe kragstasies
Kernkrag
Jy het in Graad 5 reeds met sommige van hierdie bronne kennis gemaak. Hierdie jaar kyk ons in meer besonderhede daarna. Ons gaan jou ook help om te verstaan wat energiesisteme is en hoe sommige van die bronne as sisteme beskryf kan word.
Onthou intussen die volgende definisie vir 'n sisteem:
'n Sisteem bestaan uit twee of meer dele wat saamwerk of mekaar beïnvloed.
Ons het reeds geleer dat statiese elektrisiteit altyd in die lug rondom ons teenwoordig is. Statiese elektrisiteit is nie baie sterk nie, maar ons kan dit d.m.v. wrywing sterker maak.
Statiese elektrisiteit kan ons ook soms ‘n onaangename skok gee. Metaaltrollies by winkels is so gemaak dat hulle die statiese elektrisiteit wat in hulle opbou, na elders gelei.
_____________________________________________________________________

Julle het reeds geleer dat alle materiale uit klein deeltjies bestaan. Sulke deeltjies is soms met elektrisiteit gelaai. Deeltjies kan óf positief óf negatief gelaai wees. Elektrisiteit kan opgewek word as negatief gelaaide deeltjies van een plek na ‘n ander beweeg. Partymaal kan die vloei van elektrisiteit as ‘n vonk waargeneem word. Weerlig is ‘n groot hoeveelheid elektrisiteit wat as ‘n vonk in die lug gesien kan word. ‘n Mens kan sê dat weerlig veroorsaak word as groot hoeveelhede negatief gelaaide deeltjies van een wolk na ‘n ander of van 'n wolk af grond toe beweeg.
1.___________________________________________________________________
2. ___________________________________________________________________
3. ___________________________________________________________________
4. ___________________________________________________________________
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?