<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Stel die volgende onvoltooide stroombaan op en toets of die materiale waarvan die gelyste items gemaak is, geleiers of nie-geleiers is:

Potlood

Metaalskerpmaker

Water

Proefbuis

Skuifspeld

Skoenveter

Uitveër

Sleutel

Spyker

Plasiekliniaal

Brilraam

Haarnaald

GELEIER NIE-GELEIER
_____________________________ _____________________________

Elektriese geleidingsdraad bestaan dus uit ‘n binneste deel van ‘n goeie geleier, bv. koper, omring deur ‘n goeie nie-geleier (isolator), bv. plastiek, rubber of katoen. Die isolator verhoed dat lekkasies van elektrisiteit plaasvind.

  • Voltooide en onvoltooide stroombane

Soos wat jul ondersoek bewys het, moet die stroombaan voltooi wees, anders sal die gloeilampie nie brand nie. Toe julle bv. die uitveër as deel van die stroombaan gebruik het, was daar die hele tyd ladings in die stroombaan, maar hulle kon nie beweeg nie omdat die stroombaan onvolledig was. Net so skep ‘n skakelaar ‘n gaping in ‘n stroombaan sodat die ladings nie in die stroombaan kan vloei nie.

Julle kan jul eie skakelaar op verskillende maniere maak. Probeer gerus hierdie metode:

Benodigdhede:

  • Houtblokkie
  • 2 drukspykers
  • blik- of koperplaatjie
  • geleidingsdraad
  • gloeilampie
  • of 2 selle

Sit die skakelaar aan mekaar soos die skets aandui en siedaar, jou eie skakelaar!

Opdrag 4

Ontwerp nou twee-twee saam so ‘n speletjie wat uit ‘n eenvoudige stroombaan met twee skakelaars bestaan.

  • ‘n Skoendoos
  • ‘n 3,5 Volt-gloeilampie
  • twee 1,5 Volt-batterye
  • isoleerband (“insulation tape”)
  • stewige koperdraad (een stuk wat omtrent 50 cm lank is en een stuk van omtrent 20 cm lank)
  • gewone buigbare draad (“flex”), ongeveer 50 cm lank (hierdie draad gaan in verskillende lengtes opgesny word).
  • As jul speletjie klaar is, kan dit so lyk:

  • Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Verduidelik in een paragrafie hoe hierdie speletjie werk:

_____________________________________________________________________

2. Beskryf die stroombaan as 'n sisteem:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • ‘n Apparaat om ‘n gloeilampie te demp

Het jy al ooit gewonder hoe die ligte in die voorkamer dowwer of helderder gestel word? Dit word gedoen wanneer ‘n weerstand in die stroombaan ingelas word. Koper is byvoorbeeld ‘n uitstekende geleier omdat elektrisiteit maklik daardeur vloei. Wanneer ‘n mens egter ‘n dunner koperdraad as geleier gebruik, is daar minder plek vir die elektrisiteit om deur te vloei. Gevolglik sê ons dat die weerstand in dun koperdraad hoër is as dié in dik koperdraad. ‘n Weerstand kan veroorsaak word deur draad (dit moet ‘n geleier wees) ‘n paar keer om ‘n potlood te draai.

Maak ‘n weerstand en las dit by ‘n stroombaan in soos volg:

Beweeg die een geleier in die rigting van die pyle. Wat gebeur met die gloeilamp?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask