<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Datahantering

Opvoeders afdeling

Memorandum

1. 1.1 45

  • 45
  • 41,5

2. 2.1 18 / 13

  • 6

3. 3.1 17 / 19

  • 38

4. 4.1 5,5

  • 13,7

5. 5.1 Klas / Vak

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om ongegroepeerde numeriese data te ondersoek en die modus en die mediaan te bepaal [lu 5.5]

Teen hierdie tyd het jy seker al besef dat data op ‘n wye verskeidenheid maniere voorgestel kan word. Kom ons kyk nou hoe data in ‘n skoolsituasie gebruik kan word:

Mnr. Muruvan se klas het ‘n Wiskundetoets van 50 punte geskryf en die resultate van die seuns in die klas het so gelyk:

47 ; 33 ; 45 ; 49 ; 38 ; 45 ; 42 ; 45 ; 30

In plaas daarvan om die data deur middel van ‘n grafiek voor te stel, het mnr. Muruvan die modus, mediaan en rekenkundige gemiddelde bereken.

HET JY GEWEET?

Die modus van die data is die waarde wat die meeste voorkom. Soms is daar meer as een modus.

Die mediaan van die data is die waarde wat in die middel lê wanneer die data van klein na groot gerangskik word. Indien daar ‘n ewegetal waardes is, is die mediaan die gemiddeld van die middelste twee waardes.

Die rekenkundige gemiddelde kry jy as jy al die waardes bymekaar tel en dit dan deel deur die aantal waardes.

1. Kom ons help mnr. Muruvan om die volgende te bepaal:

1.1 Die modus:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

1.2 Die mediaan:

1.3 Die rekenkundige gemiddelde:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Bepaal nou die modus van:

2.1 18 ; 13 ; 15 ; 18 ; 19 ; 12 ; 13 ; 14

2.2 5 ; 6 ; 6 ; 7 ; 9 ; 8 ; 7 ; 6 ; 8 ; 9

3. Bepaal die mediaan van:

3.1 17 ; 15 ; 23 ; 15 ; 19 ; 29

3.2 41 ; 29 ; 50 ; 33 ; 45 ; 27 ; 38

4. Bepaal die rekenkundige gemiddelde van:

4.1 5 ; 7 ; 8 ; 3 ; 4 ; 9 ; 2 ; 6

4.2 11 ; 14 ; 16 ; 12 ; 13 ; 15 ; 15

5. Beantwoord die volgende vrae:

5.1 Watter rekenkundige gemiddelde bepaal jou opvoeder gereeld?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5.2 Hoekom?

Assessering

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ongegroepeerde numeriese data ondersoek om die telling (modus) wat die meeste voorkom, en die middelwaarde (mediaan) van die datastel te bepaal, om sodoende sentrale neigings te beskryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask