<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 9

Die groei van plante

Aktiwiteit:

Om die groei van plante in verskillende omstandighede te vergelyk

[lu 1.1, 1.2, 1.3]

Die habitat van ‘n plant word bepaal deur die soort grond en die klimaatstreek waar dit die beste groei. Sommige plante hou van droë grond in ‘n warm gebied en het dus nie baie water nodig om te groei nie. Ander plante hou weer van nat grond in koue streke, omdat hulle baie water nodig het om te oorleef.

Opdrag:

Kom ons laat ‘n plantjie groei. Bring verskillende sade skool toe. Plant hulle in goedgedreineerde grond in ‘n plantbakkie.

Werk in groepe van ses. Elke kind bring ‘n plantbakkie en ‘n paar saadjies. Probeer om sade soos boontjies, sonneblomme en mielies te bring, want hulle groei baie maklik.

Gebruik ses plantbakkies vir 12 sade en plant twee sade in elke bakkie.

Sit al die bakkies behalwe een in die sonlig en gee hulle gereeld water.

Los die een bakkie sonder water in ‘n donker hoek.

Gebruik die ander saadjies wat oorbly om ‘n prente-collage te maak.

Wanneer die plantjie mooi groot is, haal dit uit die grond om te bestudeer en met jou maat s’n te vergelyk. Droog die beste plante tussen ou telefoongidsbladsye uit en plak dit versigtig op ‘n papier. Skryf nou die byskrifte van elke deeltjie van die plant, bv. wortels, blare, stingel en blom netjies by.

Kom ons vergelyk nou die plante met die een wat nie sonlig en water gekry het nie. Teken die plante en skryf die gevolgtrekking waartoe jy kom onder die tekening neer.

Met sonlig en water

Sonder sonlig en water

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask