<< Chapter < Page Chapter >> Page >

6. Verskaf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.

6.1. ’n (wat jou maklik uitspreek oor iets) persoon.

6.2 ’n (wat met romanse te doen het) verhaal.

6.3 dis nie ’n (tradisie) storie nie.

7. WIE WEET?

7.1 Wat is die grammatikale fout in die titel?

7.2 Wat noem jy ’n vrou wat haar vir vroueregte beywer?

AKTIWITEIT 4:

  • Om die korrekte woordorde in sinne te kan gebruik en te verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed
  • Om die lydende en bedrywende vorm te kan gebruik
  • Om die ontkennende vorm korrek en op verskillende maniere te kan gebruik
LU 6.2
  • Ons oefen bg. leeruitkomstes in n.a.v. die twee voorafgaande resensies.

1. Skryf die volgende sinne in die lydende vorm.

1.1 Misverstande skep ’n mynveld van potensiële skryftemas.

1.2 Die spreekwoordelike ridder sal haar na die Mei-dans vra.

1.3 Ek en ’n vriend het die video uitgeneem.

1.4 Hulle het die fliek met ’n videokamera geskiet.

2. Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies. (Let op die korrekte punktuasie).

2.1 Die fliek is so voorspelbaar. Dit word later lagwekkend. (dat)

2.2 Hy het in die tronk beland. Een van sy vriende het hom verraai. (aangesien)

2.3 Een van sy vriende het hom verraai. Hy het in die tronk beland. (gevolglik)

2.4 ’n Mens is versigtig vir liefdesverhale. Hulle is meestal erg soetsappig. (omdat)

3. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm.

3.1 Ons sal altyd nuwe liefdesverhale kry.

Nee,

3.2 Het jy al ooit hierdie jeugboek gelees?

Nee,

3.3 Kan jy iets goeds oor die fliek sê?

Nee,

3.4 Het Snoop Dogg êrens sukses behaal?

Nee,

3.5 Killa Pop was nog altyd ’n dwelmhandelaar.

Nee,

Assessering

LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingsryke tekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings;
4.4 die skryfproses onafhanklik en met gemak gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte;
5.5 taal gebruik om te besin
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en hoofgedagtes en gepas reageer:
1.2.1 maak gevolgtrekkings;
1.2.2 besin oor inligting en menings, stel indringende vrae en bevraagteken waar nodig;
1.6 verskillende taalvariëteite herken en aanvaar, soos verskillende aksente en dialekte, en oorweeg die gepastheid van die taal van verskillende ouderdomsgroepe (bv. sleng).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask