<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Hulpbronne

Module 16

Nauurlike hulpbronne: plante

Maak staat op jou voorkennis en probeer om die volgende definisie vir NATUURLIKE HULPBRONNE te voltooi.

Die mens benodig natuurlike hulpbronne soos plante, ......................................,

grond, ........................................... en water om te oorleef. Dit kom alles vanaf die

aarde. Voorbeelde van fossielbrandstowwe is gas en steenkool terwyl minerale soos sout, klip, goud, silwer, yster en kalsium deur die natuur in die aarde gevorm word.

aktiwiteit 1

om hulpbronne te identifiseer

[lu 1.3]

Bestudeer die skets van die produksielyn van ‘n motor en lys die natuurlike hulpbronne wat volgens jou mening nodig is in die vervaardiging van ‘n moderne motor.

Natuurlike hulpbronne:

Kan jy dalk aan ander hulpbronne as natuurlike hulpbronne dink wat in die vervaardiging van ‘n motor gebruik word. (Kyk weer na die skets.)

Die benutting van natuurlike hulpbronne deur ons voorvaders

Ons voorvaders en die vroeë beskawings was baie bewus van hul afhanklikheid van natuurlike hulpbronne. Reeds van die vroegste tye het die mens hom gevestig waar daar kos en water was. Hulle het agter weiding, kos en water aangetrek en ‘n nomadiese bestaan gevoer. Later het hulle boere geword en hulle vir langer periodes gevestig in gebiede waar die natuurlike hulpbronne voldoende was, totdat die mens eendag minerale hulpbronne soos yster en koper ontdek het. Dit het hulle nie net in staat gestel om versierings en huishoudelike ware te maak nie, maar hulle kon dit ook gebruik om wapens te vervaardig, soos pylpunte waarmee hul diere kon jag en hulself teen die vyand kon beskerm.

Hoewel ons nie vandag meer so bewus is van ons afhanklikheid van natuurlike hulpbronne nie, benodig ons nog steeds ‘n verskeidenheid hulpbronne ten einde te kan oorleef.

Plante as natuurlike hulpbron

Aktiwiteit 2

Om die gebruike van natuurlike hulpbronne te lys

[lu 1.2; 1.3]

KOMPETISIETYD! Kyk wie in die klas kan die langste lys oor die gebruike van plante as natuurlike hulpbron saamstel.

2. Bosbou as natuurlike hulpbron

Bosbou is die groot bron wat sorg dat jy en ek daagliks so suksesvol geskrewe kan kommunikeer. Daar word daagliks duisende bome gevel om genoeg papier te maak net om die dagblaaie te publiseer. Plantasies word deur die mens aangeplant. Dit aard egter beter in sekere klimaatstreke as in ander en kom dus verspreid oor ons land voor.

Bosbou van Suid-Afrika en Namibië

Aktiwiteit 3

Om produkte wat van hout gemaak is, te ondersoek

[lu 1.1]

  • Ondersoek elke lokaal in jou skool waarin jy beweeg en maak ‘n lys van alle produkte/artikels wat van hout gemaak is.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

  • Son
  • Lug
  • Plante
  • Diere

AKTIWITEIT 1

  • Rubber
  • Staal
  • Diere
  • Brandstof
  • Glas (sand)
  • Menslike hulpbronne – energie, tegnologie

AKTIWITEIT 3

  • Kas
  • Stoel
  • Tafel
  • Trapleertjie
  • Bank
  • Liniaal
  • Potlood
  • Rak
  • Deur
  • Vensterraam

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask