<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vermenigvuldig - 2×, 4×, 5× en 10× tot 10de veelvoud; (tafels)

Deel - ÷2, ÷4, ÷5 en ÷10 tot die 10de veelvoud. (tafels)

Integreer die ontwerp van die hoedjie (p. 16) en die geskenkpapier (bl. 24) met Tegnologie. Dit kan ook met die hele klas gelyktydig gedoen word.

Met die talle berekeninge met geld en ander hoeveelhede wat die leerders moet doen, behoort hulle bewus te wees van die feit dat Wiskunde ons daagliks omring.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: muntstukke [lu 1.1, lu 1.6, lu 1.8, lu 1.9, lu 2.2]

  • Bonnie en Tommie spaar nou geld om vir mekaar geskenke te koop.
  • Maak seker dat julle weet hoe al die muntstukke lyk. Kleur dit liggies in.

  • Tel al die 5c - stukke bymekaar:
  • Teken die 5c - stukke wat gelyk is aan elke bedrag:
  • Tel in veelvoude van 5 aan en terug:

5 ____ ____ ____ ____ ____ ____ ____ ____ 50

50 ____ ____ ____ ____ ____ ____ ____ ____ 5

  • Soek die patroon en voltooi die tabel:
10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
tiene 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
vywe 2 4
  • Kyk wat gebeur as ons die tabel omruil:
  • Flinkdink!

Bonnie en Tommie sê:

Dit is maklik om met 1c -, 2c -, 5c - en 10c - stukke te werk.

  • Wat is die bedrag in die beursie?
  • Skryf die munte wat in hul beursies is se waardes in: (1c, 2c, 5c en 10c)
  • Besluit nou self hoeveel en watter munte in hul beursies is en teken dit.
16c __________________________________________________________
47c __________________________________________________________
4c __________________________________________________________
63c __________________________________________________________
39c __________________________________________________________
28c __________________________________________________________
  • Bonnie en Tommie hou van tabelle.
  • Hierdie tabel van gelyke waardes help vir hulle om te bereken hoeveel en watter munte hulle moet kry as hulle kleingeld by die bank gaan haal.
R1 = 100c
50c 50c
20c 20c 20c 20c 20c
10c 10c 10c 10c 10c 10c 10c 10c 10c 10c
5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c 5c
  • Voltooi die tabelle:
R1 - stukke 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
50c - stukke 2 4
R1 - stukke 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
10c - stukke 10 20 30
  • Bonnie het 10 10c - stukke in haar beursie. Sy gaan ruil dit om by Tommie vir 1 muntstuk. Watter muntstuk het sy by hom gekry?

Sy het 'n _____ - stuk gekry.

  • Tommie het 'n R2 - stuk en gaan ruil dit om by Mamma vir 50c - stukke. Hoeveel muntstukke het hy gekry?

Hy het _____ 50c - stukke gekry.

  • Bonnie gaan bank toe met 200 1c - stukke. Sy kom terug met 2 muntstukke. Wat het die bank vir haar gegee?

Sy het 2 ____ - stukke gekry.

Wie weet?

R1 = _____c R2 = _____c R3 = _____c

R4 = _____c R5 = _____c R10 = _____c

  • Gebruik enige metode om die bewerkings te doen, maar wys hoe jy dit doen. Los die R - en c - tekens uit wanneer jy die bewerkings doen.
  • Onthou net om dit weer by die antwoord in te skryf.
R45 + R23 = __________ R60 + R28 = __________
R28 + R52 = __________ R39 + R16 + R20 = __________
48c - 15c = __________ 96c - 50c = __________
80c - 27c = __________ 94c - 30c - 16c = __________

50c + 50c + 50c + 50c + 50c + 50c + 50c = __________

  • Los die probleme op jou eie manier op.
  • Skryf die getalsinne neer.

1. Bonnie het 3 sjokolades gekoop. Elkeen het 31c gekos. Hoeveel het sy daarvoor betaal?

Sy het_________________________________.

Hoeveel kleingeld het sy gekry as sy met 'n R1-stuk betaal het?

Sy het__________________________________.

2. Tommie het 5 sakkies albasters gekoop. Elke sakkie het R2,10 gekos. Hoeveel het hy vir alles saam betaal?

Hy het__________________________________.

Hy het R12 gegee. Hoeveel kleingeld het hy gekry?

Hy het__________________________________.

3. Bonnie wil graag vir haar 'n pen koop. Die pen kos R13 en sy het net R10,80 in haar beursie. Hoeveel het sy te min?

Sy het__________________________________.

4. Tommie koop elke dag vir hom 'n roomys wat R2 kos. Hy het nog R14 in sy beursie. Vir hoeveel dae kan hy nog elke dag 'n roomys koop?

Hy kan_________________________________.

5. Mamma het vir Tommie en Bonnie R65 gegee wat hulle gelykop tussen hulle moes verdeel. Hoeveel het elkeen gekry?

Elkeen het________________________________.

6. Hoeveel c in:

R1,67 = ______c R2,99 = ______c R3,06 = ______c

R1,20 + R1,15 = ______c R0,55 + R4,10 = ______c

7. Maak elke bedrag R1,50 meer:

R20,20_______________ R29, 49__________________

  • Bereken die kostes van dìt wat ons koop.
  • Bereken die kleingeld:
Koop vir: Betaal met: Kleingeld:
35c 50c ____________________
79c 90c ____________________
R75 R100 ____________________
  • Mamma het gesê dat Bonnie en Tommie elkeen 4 maats na hul

partytjie kan nooi.

1. Hoeveel kinders sal hulle dan altesaam wees?

Hulle sal ______ kinders wees. (Maak seker dat jou antwoord reg is.)

2. Bereken hoeveel van alles gekoop moet word en wat dit sal kos.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:

1.1.1 die intervalle aangedui vir graad 2 met toenemende getalomvang;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse tot minstens 1 000 kopieer en uitbrei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask