<< Chapter < Page Chapter >> Page >

O ja! Gistermiddag was dit net so lekker. Kuifie, my muismaat het kom sê die kraan loop buite. Toe is ons almal, man en muis, daar. As jy kan onthou, dit was mos 'n vreeslike warm dag. Ek kon my nie lig uit die lessenaar nie! Maar toe ek hoor van die lafenis buite is ek saam met Kuifie. Ons is nie gewoonlik so lief vir water nie, maar sjoe! ons het die nattigheid en koeligheid van die water terdeë geniet. Ons warm pootjies het gou afgekoel en toe ons weer sien, is al wat muis is papnat gespartel. Jy sou ons spore gesien het as jy daar was. Iemand het later die kraan toegedraai. Meneer sou kwaad gewees het as hy Maandagoggend daar aangekom het en gesien het dat die kraan die hele naweek oop was. Sê maar vir jou maats hulle moet onthou om die krane toe te draai. Die water is skaars en die damme is leeg. Oupa sê dit gaan vanjaar nie so vroeg begin reën nie.

Hy weet want hy praat met die paddas onder in die vlei. Jy kan maar sê die paddas is ons weerprofete. Dit is juis hulle wat gesê het ons kan maar gaan piekniek hou, want dit gaan ‘n warm, sonnige dag wees.

Wil jy nie vir my asseblief hier 'n prentjie teken van ons muispiekniek nie? Ek sien jy kan so mooi teken.

Baie dankie

Muisgroete

Muggie

LU 1.4.8 LU 3.3.1
LU 4.1

Lees.

Liewe _________________

(Skryf jou naam hier)

Ek het gedink ek moet solank vir jou begin muistaal leer. Miskien moet ek vir jou eendag in muistaal skryf, sodat ander nie my briewe kan lees nie. 'n Muis weet nooit en 'n muis kan nooit te versigtig wees nie. Kom ons kyk of jy slim is.

Muistaal bestaan uit baie prente en omdat ons menstaal kan lees en skryf, gebruik ons 'n bietjie van altwee. Kyk hier! As ek byvoorbeeld die woord "het" wil skryf, sal ek so maak:-

Ek sal 'n prentjie van 'n "hek" teken en dan die "k" vervang met 'n "t". So h-e-k word nou h-e-t. So lyk dit.

Dit word al makliker hoe meer jy oefen. Dit gaan met alles so, nê! My oupa sê altyd: "Muggie, as jy nie weet nie, vind uit! En as jy nie kan nie, probeer weer en weer en weer!" Dit is goeie raad. Dink jy nie ook so nie? Dit is hoe ons muise aan die lewe bly en hoe ons die gevare in 'n muis se lewe kan oorleef.

Muisgroete

Muggie

LU 2.2 LU 3.2.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.4.8 prente teken om begrip van ‘n mondelinge teks te illustreer en dit in eie woorde skryf;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep;

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Leeruitkomste 6 : TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:

6.2.5 voor- en agtervoegsels gebruik om woorde te bou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask