<< Chapter < Page Chapter >> Page >

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.3.1 LU 4.6.2
  • Lees en omkring die woorde met lang sterte, (-ng, -nk) soos Muggie s'n.

Muggie het 'n lang stert waarvoor mensekinders soms bang is. Sy oupa sê sy stert is so lank en sy ogies is so blink omdat hy slim is.

LU 3.5.6
  • Skryf die woorde oor.
  • Maak sinne met vier woorde van elke klank.
  • Kan jy aan nog woorde dink wat eindig op –ng of –nk.
  • Leer ook hierdie woorde met -ng en -nk in die middel.
  • vinger, langer, honger, sanger, banger,
  • donkie, dankie, winkel, donker, enkel.
LU 3.5.6
LU 4.1
  • Soek ‘n ng- woord of ‘n nk- woord om hier in te pas.

1. Ek het my ............................................................................ met die mes gesny.

2. Hulle het nie kos nie, hulle is ..............................................................................

3. Baie ................................................................................................ vir jou brief.

4. Saans is dit ...........................................................................................................

5. Ek kan nie ............................................................................................. wag nie.

6. Koop asseblief melk by die .................................................................................

7. Daar is drie ..................................................................................... op die plaas.

8. Sit almal in ‘n ......................................................................................................

9. Wie gaan die tee.................................................................................................?

10. Hy .......................................................................................................... sy melk.

LU 3.5.6

Kan jy vlot lees?

  • Lees wat Muggie sê.

Liewe _________________

(Skryf jou naam hier)

Baie dankie vir jou haastige briefie. Ek het geweet waar om dit te kry. Ek is bly jy hou van my. Jammer dat ‘n paar van jou maats bang is vir my. Jy vra baie vrae en ek sal hulle almal beantwoord. Ek wil net eers my belofte nakom.

Ek het mos gesê ek sal vir jou sê waar ek woon. Wel, glo dit as jy wil, ek woon in jou lessenaar. Ja, die tweede een in die eerste ry langs die venster. Ek het vir my ‘n lekker plekkie daar ingerig. Ek hoop nie jy gee om nie. Ek sal nie ‘n oorlas van my maak nie en belowe om uit jou pad te bly. Dink net wat sal gebeur as ek wel my verskyning maak tussen al daardie gillende kinders! Ek is in elk geval so klein dat julle my nie sal gewaar nie.

Hoor hier! Kan julle nie ‘n bietjie sagter werk nie? My kop is alweer so seer van al die lawaai vandag en ek het nie ‘n oog toegemaak nie. Jy weet mos ek slaap baie bedags! Arme Juffrou Smit! Sy sukkel so om julle stil te kry. Jy kan gerus vir jou maats vra om stiller te wees. Ek sal dit waardeer.

Baie dankie vir die menssoentjies. Dit lyk nogal so ‘n bietjie na ons muissoentjies. Skryf weer as jy ‘n blaaskans kry.

Muisgroete,

Muggie

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.6 woordspeletjies speel wat kennis van woordeskat en spelling uitbrei.

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.1 ‘n teksformaat gepas vir die doel en teikengroep kies;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en self woorde spel:

4.6.2 eksperimenteer met en gebruik woorde uit stories, leesstukke, die media, grappe en klasmaats en ander se mondelinge taal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask