<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 9

Meganismes en beweging

Module 1

Meganismes en beweging

Inleiding

Wat is ’n meganisme?

  • In ons alledaagse lewe word ons deur meganismes omring. Hulle help om ons lewens op baie maniere makliker te maak. Die meeste van die meganismes wat jy gebruik, is so bekend dat jy nooit daaraan dink nie. Eenvoudige dinge soos deurknoppe, ligskakelaars, onderdele vir jou fiets en jou pa se motor is slegs enkele voorbeelde. In die verlede, in ou masjiene soos stoomenjins, was die meganismes maklik om te sien. Vandag word dit agter panele en bedekkings versteek. Meganismes maak dit vir ons moontlik om eenvoudige dinge te doen soos om ligte aan te skakel, krane oop te draai en met jou fiets teen die bult uit te ry. Jy sal die gebruike van verskillende meganismes ontdek namate ons dit in hierdie module van naderby bekyk.

Aktiwiteit 1

  • Maak ’n lys van items wat na jou mening voorbeelde van meganismes is. Sketse en prente van hierdie items kan ook ingesluit word.
LU 1.2

Meganismes en beweging

  • Meganismes kan gebruik word om die spoed, rigting of krag wat nodig is om iets te doen, te verander. Meganismes kan jou help, maar kan dinge nie op hulle eie doen nie. Hulle het energie en iemand of iets nodig om hulle te laat werk. Die energie wat deur ’n masjien gebruik word, word die inset genoem. Die gevolg van die energie-inset word die lewering genoem. ’n Meganisme soos ’n fiets kan met die diagram hieronder verduidelik word.

Aktiwiteit 2

  • Verduidelik die voordele van kettingratte en kettings wat op fietse gebruik word.
LU 2.3
  • Meganismes hou met beweging verband. Daar is vier hooftipes beweging. Dit kan geïllustreer word met behulp van ’n mens se liggaamsbeweging.

Aktiwiteit 3

  • Noem die tipe beweging wat deur die produkte geïllustreer word. Gebruik pyltjies om die rigting van die beweging aan te dui.
LU 2.3

Tipes meganismes

Meganismes word almal in masjinerie gebruik. Daar is vyf tipes meganismes:

  1. Hefbome , wat dit moontlik maak om kragte op presiese punte toe te pas.
  2. Katrolle , wat die rigting en spoed van ’n beweging verander en toelaat dat krag oorgedra word.
  3. Ratte , wat ’n draaibeweging en -krag oordra.
  4. Nokke en krukke , wat eenvormige insetbeweging in nie-eenvormige leweringsbeweging omskep.
  5. Skroewe , wat ’n draaibeweging in staat stel om ’n lineêre krag oor te dra

Aktiwiteit 4

  • Beantwoord die volgende vrae op grond van die prentjies A-F.

  1. Noem die meganismes van A tot F.
  2. Stel ’n gebruik vir meganisme A voor.
  1. In B, roteer as nr. 1 teen 10 rpm. Hoe vinnig sal as nr. 2 roteer?
  1. Op watter manier kan meganisme C gebruik word?
  1. In D, as W kloksgewys roteer, hoe kan jy V anti-kloksgewys laat roteer?
  1. Skets ’n speelding wat meganisme F kan gebruik.
LU 2.3

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:
  • bestaande produkte wat toepaslik is vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid met betrekking tot ‘geskiktheid vir doel’, ontleed;
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip toon van strukture:
  • eienskappe van materiaal wat die funksie daarvan in strukture affekteer (bv. massa, hardheid, styfheid, veerkragtigheid, weerstand teen korrosie, sterkte in spanning, samepersing, skuifwerking);
  • ontleding (geen berekeninge nie) van die uitwerking van verskillende laste (gelyke/ongelyke, statiese/dinamiese);
stelsels en beheer:2.3 deur praktiese analise, kennis en begrip van interaktiewe meganiese sisteme en subsisteme demonstreer en sulke sisteme en subsisteme met diagrammatiese sisteemdiagramme voorstel:
  • ratstelsels;
  • band gedrewe of katrolsisteme met meer as een stadium;
  • meganiese beheermeganismes.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • Leerders kan enige produkte lys wat hulle as meganismes beskou. Die doel met die aktiwiteit is om die leerders te laat besef hoeveel produkte eintlik meganismes is. Bespreek die voorbeelde met die klas.

AKTIWITEIT 2

  • Groter kragte kan oorgedra word
  • Kettings gly nie
  • Kettings kan uitmekaar gehaal word om verwydering moontlik te maak

AKTIWITEIT 3

  • Deurhandvatsel Ossilerend (handvatsel) en heen-en-weer-bewegend (resiproserend)
  • Kraan Roterende beweging
  • Lugpomp Ossilerend
  • Skêr Ossilerend

Questions & Answers

Application of nanotechnology in medicine
what is variations in raman spectra for nanomaterials
Jyoti Reply
I only see partial conversation and what's the question here!
Crow Reply
what about nanotechnology for water purification
RAW Reply
please someone correct me if I'm wrong but I think one can use nanoparticles, specially silver nanoparticles for water treatment.
Damian
yes that's correct
Professor
I think
Professor
what is the stm
Brian Reply
is there industrial application of fullrenes. What is the method to prepare fullrene on large scale.?
Rafiq
industrial application...? mmm I think on the medical side as drug carrier, but you should go deeper on your research, I may be wrong
Damian
How we are making nano material?
LITNING Reply
what is a peer
LITNING Reply
What is meant by 'nano scale'?
LITNING Reply
What is STMs full form?
LITNING
scanning tunneling microscope
Sahil
how nano science is used for hydrophobicity
Santosh
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest. Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.? How this robot is carried to required site of body cell.? what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done Rafiq
Rafiq
if virus is killing to make ARTIFICIAL DNA OF GRAPHENE FOR KILLED THE VIRUS .THIS IS OUR ASSUMPTION
Anam
analytical skills graphene is prepared to kill any type viruses .
Anam
what is Nano technology ?
Bob Reply
write examples of Nano molecule?
Bob
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
hi
Loga
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask