<< Chapter < Page Chapter >> Page >

BRON A Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

karaat 1. Gewigseenheid vir edelstene en pêrels gebruik, waarby 1 karaat - 200 mg (3,085 grein): bv. ‘n Diamant van 10 karaat. Stene van 4 tot 24 karaat.2. Maat vir die bepaling van die suiwerheid van goud en silwer: 24 karaat is suiwer (100%) goud; 18 karaat bevat 18 dele suiwer goud op die 24.

BRON BADVERTENSIE

DIAMANTE IS 'N MEISIE SE BESTE VRIENDE!!

GEE ‘N SPESIALE GESKENK VIR DIE SPESIALE

PERSOON IN JOU LEWE!!

‘N DIAMANTRING IS VIR EWIG!!

1. Vergelyk die twee bronne hierbo.

1.1 Skryf enige feit korrek uit Bron A OF Bron B neer wat na jou mening oor vyf jaar nog waar sal wees.

/2/

1.2 Watter bron , dink jy, vertel die waarheid ? /1/

1.3 Gee ‘n rede vir jou antwoord by 1.2.

/2/

2.1 Die inligting in die woordeboek kom uit verskillende ander primêre bronne ; en is daarom ‘n sekondêre bron . Watter soort bron is die advertensie?

/1/

2.2 Motiveer jou antwoord.

/2/

3. Juweliers meng dikwels goud met yster waarvan hulle ‘n ring maak. Waarom?

/ 10 /

LU 1.2 LU 1.3 LU 3.1 LU 3.3

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask