<< Chapter < Page Chapter >> Page >

..........................................................................................................................................

6. Ons ......................................................................................................................

..........................................................................................................................................

7. Die gans se dons ..................................................................................................

..........................................................................................................................................

8. Dans .....................................................................................................................

..........................................................................................................................................

9. Haar kuns .............................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.6.1 LU 4.6.2
  • Lees die storie.

Dit is Maandagoggend in die saal.

Meneer kondig die uitslae van die swemgala aan en vra dat die wenners verhoog toe sal kom om hulle pryse en medaljes te ontvang.

“Ons begin by die kruipslag, onder 9. Eerste: Themba “. . . . . . . . . . . . . . . . .

Themba wip soos hy skrik. Vinnig is hy op die verhoog, terwyl die hele skool hard hande klap. Meneer hang die GOUE medalje om sy nek en oorhandig aan hom ‘n koevert. Die tweede en derde pryswenners kom staan langs hom.

“En nou die uitslae van die borsslag, onder 9. Eerste: Themba” . . . . . . . . . .

Nog ‘n GOUE MEDALJE! Nog’n koevert!

“En nou die uitslag van die rugslag, onder 9. Eerste: Themba” . . . . . . . . . . .

DRIE GOUE MEDALJES! DRIE KOEVERTE!

“Hip hip hoera!” skreeu almal.

“Kyk hoe lyk hy nou! Themba is ‘n wenner!” skreeu hulle.

Themba kyk af na die medaljes om sy nek.

LU 3.3.1 LU 3.3.3
  • Luister na die gedig.
  • Luister weer en bespreek wanneer is jy ‘n wenner.
  • Lees en leer die gedig.

Jy’s ‘n wenner!

Jy’s ‘n wenner,

jy’s ‘n wenner,

as jy hard probeer,

met durf volhou

en dan presteer.

Jy’s ‘n wenner,

jy’s ‘n wenner,

as jy soms verloor

en jou glimlag nog steeds

almal kan bekoor.

Jy’s ‘n wenner,

jy’s ‘n wenner,

as jy net aanhou

al moet jy ook soms

harde bene kou.

Jy’s ‘n wenner,

jy’s ‘n wenner,

jy’s ‘n wenner sowaar

as jy swaarkry en mislukkings

in die lewe aanvaar.

G.J.M.

  • Themba het drie medaljes en drie koeverte gekry.
  • Vertel vir mekaar wat julle dink in die koeverte was.
  • Teken wat jy dink in elke koevert was.
LU 4.8 LU 5.2.2
  • Dink eers.
  • Antwoorde is onderaan die bladsy.

  • Antwoorde:

1. Niks – dit het net gewaai.

2. ‘n Spaarbussie.

3. Seekatte.

4. Hulle het nie hare of tande nie.

5. In die woordeboek.

6. Gaan jy vanaand uit?

7. Horlosie.

  • Vra vir die klas ander raaisels wat jy ken.
LU 2.2 LU 3.5.5
  • Ek kan hierdie woorde lees.
  • Hou die bladsy in jou lêer.

gehinder onthou gereeld oefeninge

herstel heeltemal kere atletiek

netbalspanne rugby kaptein drieë

verveeld eindfluitjie somer kruipslag

borsslag rugslag uitslae medalje

meter biblioteek speurverhale reisverhale

avonture bodem reddingspan Paradyseiland

dinosourusse bibliotekaresse sportuitslae swemgala

koevert spandeer verkeerde enigste

LU 3.3.5 LU 4.6.5

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.3.3 voorspel wat gaan gebeur;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;

3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;

3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.5 raaisels en grappies lees.

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;

4.6.2 algemene woorde korrek spel;

4.6.5 ‘n woordbank en ‘n persoonlike woordeboek opbou;

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde / sinne / stories illustreer om begrip te toon.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.2.2 hoërordedenke en die meegaande taal gebruik, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask