<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Persoonlike ontwikkeling

Module 13

hantering van menings- en houdingsverskille

Respek vir jou medemens en die hantering van menings- en houdingsverskille

Aktiwiteit 1:

Om ‘n situasie uit te beeld waarin ander se persoonlike ruimte gerespekteer word en dit daarna te bespreek [LU 3.4]

Groepaktiwiteit

Rolspel

Die "Big Brother"-huis

Die klas verdeel in groepe en elke groep beplan ‘n toneel waarin hulle verskillende situasies uitbeeld waarin respek vir mekaar en ander se persoonlike ruimte (of die gebrek daaraan) duidelik uitgebeeld word. Dink ook konfliksituasies uit tussen verskillende rolspelers. In die "huis" moet daar positiewe en negatiewe karakters wees; vredemakers en skoorsoekers, boelies en liefies.

Elke groep kan ook ‘n "big brother" hê wat die besluitnemings- en konflik-situasies vererger met sekere opdragte.

Klasbespreking

Dit is baie belangrik dat hierdie nie net as ‘n konsert sal dien nie, maar dat die verskillende maniere van konflikhantering en wedersydse optrede deeglik ná die tyd bespreek sal word. Dit is belangrik dat die opvoeder morele leiding hier gee. Leerders moet aan die einde van die sessie self kan onderskei tussen afbrekende optrede en ondersteunende of respekvolle optrede.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder
  • verslag doen oor die implementering van strategieë om eie en ander se selfbeeld deur positiewe optrede te bevorder;
3.2 media- en ander invloede op persoonlike lewenstylkeuses evalueer en gepaste reaksies voorstel;
3.3 sy/haar eie hantering van emosies en eie reaksie op verandering verduidelik en evalueer;
  • bewyse van respek vir ander en die vermoë om op ’n opbouende manier te verskil toon;
3.5 besluitnemingsvaardighede toon en daaroor besin;
3.6 sy/haar eie strategieë vir studievaardighede krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask