<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Die ontstaan van godsdienste van die wêreld

Module 13

Groot godsdienste van die wêreld

  • Mense het nog altyd geglo in die bestaan van magte bo sy begrip en ervaring. Dit het gelei tot die totstandkoming van godsdienste.
  • Godsdienste help om raaisels oor lewe en dood te verklaar. Gelowiges glo in een of meer gode.

Bestudeer meegaande tabelle oor die grootste godsdienste.

Bron 1

Die belangrikste Godsdienste volgens VastelandeSyfers word in persentasies aangedui (S.A. = Suid-Amerika. N.A. = Noord-Amerika
Geloof A frika A sië E uropa S . A . N . A . O seanië E urasië
Christendom 17,9 15,6 22,55 23,75 13,0 1,2 6,0
Islam 28,66 65,56 1,3 0,14 0,29 0,01 4,04
Hindoeïsme 0,2 99,37 0,1 0,1 0,17 0,059 0,001
Boeddhisme 0,01 99,42 0,08 0,17 0,18 0,01 0,13
Judaïsme 1,89 31,35 8,24 6,13 39,29 0,55 12,55

Bron 2

Ses Grootste Godsdienste
G eloof A antal V olgelinge
Christendom 1 833 miljoen
Islam 971 miljoen
Hindoeïsme 733 miljoen
Boeddhisme 315 miljoen
Judaïsme 13-14,3 miljoen

Wêreldpersentasies

Hieronder word die persentasieverspreiding van die belangrikste godsdiensvorme aangetoon. Die syfer vir “Ander” sluit diegene in wat geen geloof navolg nie.

Bron 3

Judaïsme 0,3%

Boeddhisme 5,7%

Hindoeïsme 13,4%

Islam 17,7%

Ander 29,6%

Christendom 33,4%

Bron 4

G eskiedenis van die G odsdienste

Judaïsme Islam Hindoeïsme Boeddhisme Christendom
2000 v.C. Abraham, profeet van Judaïsme, die Christendom en Islam, word in Ur, huidige Irak, gebore. 2000 v. C. Abraham en sy seun Ismael bou volgens die Koran die Ka’ba, ‘n heiligdom, in Mekka in die huidige Saoedi-Arabië. 1750 v.C. Ontstaan van Hindoeïsme in Indië onder invloed van Ariese intrekkers, wat talle gode aanbid. 563 - 483 v.C. Sidsharta Gautama, later bekend as die Boeddha, stigter van Boeddhisme, word in Noordoos-Indië gebore. 4 v.C. Jesus Christus, die verlosser van die Christen-dom, word in Betlehem, in die huidige Israel, gebore.
Judaïsme Islam Hindoeïsme Boeddhisme Christendom
1200 v.C. Ná die Hebreërs se uittog uit Egipte vestig hulle hul in Kanaän, grootliks die huidige Israel. 570-632 n.C. Mohammed, die laaste en belangrikste Islamitiese profeet, word in Mekka gebore. 1700 v.C. Hindoe-opvattings word onthul aan die rishis (of heilige manne) en mondelings oorgedra. 100 v.C. Die Tripitaka (drie mandjies), die heilige boek van Teravada-Boeddhisme, word geskryf. 30 n.C. Jesus word gekruisig. Drie dae later staan Hy volgens die Nuwe Testament uit die dode op en vaar na 40 dae op na die hemel.
931 v.C. Die Hebreër- ryk verdeel in Israel en Judea. Teen 900 v.C. word die Tora , die eerste vyf boeke van die Bybel, geskryf. 610-632 n.C. Die engel Gabriël onthul die Koran (Qur’an), die Islamitiese heilige boek, aan Mohammed. Dit het 114 hoofstukke (soeras). 1400 v. C. Rig Veda, die vroegste en belangrikste boek van die Vedas, wat Hindoe-opvattings bevat, word geskryf. 20 – 200 n.C. Die Soetras (versameling gesegdes), die vroegste heilige boeke van Mahajana-Boeddhisme, word geskryf. 40-100 n.C. Die Nuwe Testament van die Christelike Bybel word geskryf. Die Christendom versprei deur die hele Romeinse Ryk.
587 v. C. Die Babiloniërs verower Jerusalem, in die huidige Israel, en Jode gaan in ballingskap. Hulle keer in groepies terug ná 539 v.C. 622 n.C. Mohammed gaan na Medina in die huidige Saoedi-Arabië. Dit is die beginjaar van die Islamitiese kalender. 800 n.C. Die Oepanisjads , die laaste boeke van die Vedas , word geskryf. Hulle vestig die gedagte van Brahman, siel van die heelal. 1506 n.C. Die St. Pieterskerk, die grootste Christelike kerkgebou van alle tye, word in Rome gebou.
70 n.C. Die Romeine verwoes Herodes se tempel in Jerusalem. Vandag is net die Wesmuur oor. Die Jode word verstrooi oor alle lande.

Aktiwiteit 1

Om die kronologie oor die ontstaan van godsdienste te verstaan [lu 1.3]

  1. Verskaf nou op die volgende bladsy jou eie, kindvriendelike tydlyn oor die ontstaan van die godsdienste of die ontwikkeling van ‘n spesifieke godsdiens.

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • inligting uit bronne kommunikeer (verslaggewing):

kan verhale mondeling oorvertel;

kan ‘n prent gebruik om ‘n verhaal te vertel.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask