<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Brief

Jy is ‘n liggaamsdeel wat werklik deur jou “eienaar” misbruik word. Skryf ‘n brief aan jou eienaar waarin jy sê hoe ongelukkig jy voel en hoekom, en wat gaan gebeur as hy of sy nie iets daaraan doen nie.

Onthou julle nog hoe ‘n mens ‘n brief skryf?

Skryf asseblief drie paragrawe

Assessering deur die opvoeder.

LU 4.2.1

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelends, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.4 gee mening/standpunt en redes daarvoor (soos: Ek sê dit, want ...);
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks;
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak).
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en rooster in;
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:
4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort;
4.4 skryf skeppend:
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit);
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?)
5.2.2 definieer en klassifiseer.

Memorandum

2.

(a) Hulle kyk televisie. Hulle werk / speel op die rekenaar.

(b) aan sport

(c) onfiks, oorgewig, hartsiektes / longsiekte, kanker / tering

(d) bloedarmoede, hardlywigheid, hoë cholesterol

(e) goedkoper

(f) gesond, dokter, siek

(g) Dit is te gevaarlik.

3.

(a) Die dokter sê: “Goeiemôre, Mevrou, wat makeer vandag?”

(b) Die dame antwoord: “My voete is so seer!”

(c) Die dokter sê: “Dis geen wonder nie! U het die verkeerde skoene aan die verkeerde voete!”

Hersieningsoefening:

(a) Die dokter vra: “Kinders, eet julle gereeld vrugte?”

(b) “Nee, Dokter,” antwoord die kinders. “Ons verkies om lekkers en koekies te eet.”

(c) Moeder gee ‘n sug en sê: “Ai, as ek hulle net kan oortuig dat vrugte gesonder is!”

(d) “Hoekom is Ma so bekommerd?” vra die kinders. “Ons is baie gesond.”

(e) “Kyk Ma!” roep Themba. “Ek het groot spiere.”

Enige korrekte variasie kan aanvaar word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask