<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Oor sy jeug onthou hy dat bendes deel van die “kultuur” van Distrik Ses was.

“My ouers het ons nie voor gesê met wie om maats te wees nie. Van die gangsters was my vriende. Net só party van die goeie ouens. Ons is geleer om almal te respekteer. Jy kan net respek vir jouself hê as jy respek vir ander het.

Hoe anders kan ek sê as dat ons as kinders normaal grootgeword het. Dié lewe was al wat ons geken het. Ons was gelukkig.”

Toe, so kort voor 1970, kom die nuus dat hulle moet trek.

“Mense het oor die heining daaroor gestaan en praat. Ons het gedink dis net gerugte. Baie het hulle nie daaraan gesteur nie. Hoe sou die regering dit ooit regkry om 40 000 mense te skuif?

Ander het gesê die druk van die buitewêreld en die skande sou te groot wees. My ouers het ook geglo ons sou nie trek nie. Hulle het gesê God sal na ons omsien.

Toe dit tóg begin, was die mense verslae en paniekbevange. Daar was ‘n gevoel van ongeloof.

Net die Vader weet van die verslaentheid wat geheers het, die droefheid. Dit was soos die einde van die wêreld. Bure het gewonder of hulle mekaar ooit weer sou sien.

Ek was een van die gelukkiges. My ouers, Rose en Peter, het albei skielik gesterf voordat hulle geskuif is. Hulle is die groot vernedering gespaar,” sê Schaffers.

Nou kan hy eersdaags terugtrek na die strate waar hy as jong, kaalvoetkind saam met maats krieket en sokker gespeel het.

Tog het hy geen begeerte om dit te doen nie.

“Baie mense wil graag terugkom. Ek voel anders. Ek het oor dertig jaar in ‘n ander plek wortels geskiet en deel geword van ‘n nuwe gemeenskap. Daar is ek gelukkig.

Ek weet dit is te veel gevra, maar ek sou eerder wou sien dat die kaal stukke grond net so gelaat word om te dien as ‘n monument, ‘n Tuin van herinnering. As dit eers bebou word, is Distrik Ses vir ewig weg.

Die kaal grond moet, soos die Duitse moordkampe, altyd so behou word as teken van een mens se wreedheid teenoor ‘n ander. Maar dit is hoe ek voel.”

Uit: Rapport 12 Maart 2000

AL 1 800 EISE IN, BOUWERK KAN GOU BEGIN OP BAIE SE GEBOORTEGROND

KAAPSTAD - Dertig jaar gelede is begin met ‘n proses om sowat 40 000 mense teen hul sin van Distrik Ses na die Kaapse Vlakte te verskuif.

Nou het die tyd vir baie van die mense aangebreek om na hul geboortegrond terug te keer. Bouery aan huise vir voormalige inwoners sal moontlik voor einde vanjaar begin.

Die Distrik Ses-trust vir herontwikkeling en begunstigdes is in samewerking met gemeenskapsleiers, die Departement van Grondsake en die Kaapstadse munisipaliteit besig met ‘n projek vir die herontwikkeling van die gebied.

Sowat 1 800 mense het die laaste jare grondeise ingedien.

Prof. Martin Leggasick van die Universiteit van Wes-Kaapland is deur die kommissaris van Grondsake, mnr. Allan Roberts aangestel om die geldigheid van eise te ondersoek.

Volgens Roberts is Leggasick aangestel om die proses te bespoedig.

Eisers was erg ontevrede omdat die proses na hul mening onnodig lank snoer.

Roberts sê eisers van Distrik Ses is egter deel van ‘n landwye prentjie waarin duisende eise deur sy kantoor verwerk word.

Die Distrik Ses-eise behoort teen Junie voltooi te wees. Daarna kan finale stappe gedoen word om oud-inwoners te hervestig of vergoed.

Uit: Rapport 12 Maart 2000

Hoe het Distrik Ses ontstaan?

Wat was die laaste besigheid wat sy deure voor die stropers moes sluit?

Ongeveer in watter jaar het die verskuiwing van mense uit Distrik Ses begin?

Wat was die hoofkultuurgroepe wat in die ou Distrik Ses verteenwoordig was?

Ongeveer hoeveel mense moes uit Distrik Ses verskuif word?

Sou jy die skuif as positief of negatief vir die meeste inwoners beskryf? Motiveer!

Was die inwoners van Distrik Ses gelukkig met hul omstandighede?

AKTIWITEIT 2

OM ‘N VLOEIDIAGRAM OP TE STEL

[LU 1.7]

Gebruik ‘n vloeidiagram om die faktore (natuurlik en menslik) wat bydra tot die verspreiding van ‘n bevolking uit te beeld.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask