<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie: klassifikasie

Module 15

Faseveranderings van materie

Voorkennis:

  • Materie bestaan in drie fases: vastestowwe, vloeistowwe en gasse

Klasaktiwiteit: leesvaardigheid

Die avonturiers kamp in die Cederberge

in die hartjie van die Kaapse winter.

Oornag het dit gesneeu.

Die volgende oggend blink die sneeu.

Stadig maar seker smelt die ys in die wintersonnetjie.

Die stroompies water loop af na die rivier.

Een van die kampeerders skep ‘n houer vol rivierwater.

Hy steek ‘n vuurtjie aan; kyk hoe vinnig kook die water

dat die stoom so staan!

1. Benoem al die fases van water uit die stuk – gebruik al die beskrywende woorde.

2. Waar kom die energie vandaan vir:

a. die ys wat smelt?

b. die water wat stoom?

3. a. In watter fase is die waterdeeltjies die heel vryste om te beweeg?

b. In watter fase is daar die sterkste aantrekkingskrag tussen die waterdeeltjies?

4. Die fases van water speel ook ‘n groot rol in die natuur. Dit maak die WATERSIKLUS moontlik. Vul die volgende in:

Die watersiklus

5. Die volgende sketse stel faseveranderinge voor. Sê in elke geval wat met die water gebeur:

Assessering vir leesvaardigheid

Kon jy die regte afleidings uit die leesstuk maak?

[LU 2.3]

Opdrag

Vind uit:

(Jy kan die aangeduide webadresse of enige ander naslaanbron gebruik.)

Hoekom ys op water dryf.– www.geocities.com (iceberg+ float)

Hoe sneeuvlokkies vorm.– google.com (snowflakes)– www.edu.pe.ca/rural/chemist

Waarom alkohol (soos in Schnapps of witblits) nie in jou vrieskas vries nie.

Wat die kookpunt van stowwe soos kookolie en alkohol is.– www.ucc.ie – (boiling points)

Plak of skryf die inligting op die teenblad.

Assessering vir opdrag

Is die inligting versamel en opgeteken?

[LU 1.3]

7. Elke stof het sy eie smeltpunt en vriespunt.

Water vries by

Water kook by

 Het jy geweet? 

‘n Vierde fase van materie is reeds ontdek - ons noem dit PLASMA.

Dit bestaan net by uitermate hoë temperature en in sterre.

Lees meer op oor PLASMA!

http://scsc.essortment.com

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Faseveranderings van materie

1. sneeu; ys (vastestof) – water; rivierwater (vloeistof) – stoom (gas)

2. a) son b) vuur

3. a) stoom (gas) b) sneeu/ys

4. 1 – verdamping; 2 – transpirasie; 3 – wolkvorming/kondensasie

4 – neerslag (reën, sneeu ens)

5. kondenseer; smelt; vries(kristalliseer); verdamp

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask