<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Energie: elektrisiteit, energie, warmte en lig

Module 9

Elektrisiteitseenhede

Aktiwiteit:

Om elektrisiteitskoste te bereken

[lu 1.3, 2.4]

  • Ons weet nou dat elektrisiteit verkoop word in die eenheid kilowatt per uur – kWh.

1 kWh IS DIE HOEVEELHEID ELEKTRIESE ENERGIE WAT ‘N TOESTEL MET ‘N DRYWING VAN 1 kW IN EEN UUR GEBRUIK.

Om kWh te bereken, moet ons net die volgende formule gebruik:

kWh = drywing x tyd

Sê nou jy wil weet hoeveel energie jou haardroër (1 500W) in 20 minute gebruik.

kWh = drywing x tyd

= 1 500w x 0.333

= 0.5 kWh

Om die koste van die gebruik van ‘n elektriese toestel uit te werk, gebruik jy die volgende formule:

Koste = elektriese energie in kWh x koste van 1 kWh

As 1 kWh 50c kos, sal jou haardroër se gebruik die volgende koste meebring:

Koste = 0.5 kWh x 50c

= 25c

Opdrag 1:

Kyk na die prentjies en bereken die koste van elke toestel. Gestel elektrisiteit kos R2,50 per kWh.

Gloeilamp brand: 100 W vir 5 ure

TV aan: 80 W vir 5 ure

Yster aan: 1500 W vir 2 ure

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Opdrag 1

ELEKTRISITEITSEENHEDE

Die hoeveelheid elektrisiteit wat toestelle gebruik, hang af van die tipe toestel en hoe lank toestelle gebruik word. Oor die algemeen sal verhittingstoestelle soos oonde, ketels en geysers baie meer verbruik en ook meer kos. Baie skerp halogeen gloeilampe (“spotlights”) verbruik ook baie elektrisiteit.

Toestelle met mikroskyfies in of klein motortjies soos elektriese tandeborsels en skeermesse sal weer minder gebruik.

Elke toestel word gemerk met sy watt-waarde . Ons noem dit die DRYWYING van die toestel. Dit is gewoonlik op die omhulsel, soos by gloeilampe. Die 100 Watt-gloeilamp sal sterker brand as die 60-Watt gloeilamp. Die hoeveelheid Watt beteken eintlik hoeveel elektrisiteit per sekonde deur die toestel gebruik sal word.

Aangesien Watt ‘n relatiewe klein eenheid is, praat ons eerder van kilowatt (kW)

  • 1 kW = 1000 W

‘n Kilowatt-uur (kWh) word weer gelees as die hoeveelheid elektrisiteit wat ‘n 1kW toestel sou gebruik in een uur of ‘n 100 W toestel oor 10 ure. Dit is ook die eenheid waarin elektrisiteit aan die verbruiker verkoop word.

So sou ‘n 100 W gloeilamp vir 10 ure brand. Jou pa se elektriese boor ( 500W) sal net vir 2 ure kon werk met 1kWh.

Ander toestelwaardes:

TOESTEL AANGEDUIDE DRYWING HOOG OF LAAG?
Radio 26/32 W L
Tv 80 W L
Strykyster 1200 W H
Sakrekenaar 0.0006 W Baie L
Rekenaar 280 W H
Boor 500 W H
Stoof 1000 W H
Mikrogolfoond 750 W H
Ketel ? H
Broodrooster ?

Ons weet nou dat elektrisiteit in die eenheid kilowatt per uur verkoop – kW/uur

  • 1 kWh is die hoeveelheid elektriese energie wat ‘n toestel met ‘n drywing van 1 kW in een uur gebruik.

Om kWh te bereken, moet ons net die volgende formule gebruik:

  • KWh = drywing x tyd

Om te bereken hoeveel energie ‘n haardroër (1500W) gebruik het in 20 minute

  • KWh = drywing x tyd
  • 1 500w /1000w x 0.3
  • = 0.45 kWh

Om die koste van die gebruik van ‘n elektriese toestel uit te werk, word die volgende formule gebruik:

  • Koste = elektriese energie in kWh x koste van 1 kWh

As 1 kWh 50c kos, sal ‘n haardroër se gebruik die volgende kos:

  • Koste = 0.45 kWh x 50c
  • = R 2,25

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask