<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Speletjie: Gansmannetjie: aai- en ooi-klanke.

  • Kies ‘n maat.
  • Dink aan ‘n aai- of ooi-woord. Moenie vir jou maat sê wat die woord is nie.
  • Jou maat raai die klank. As dit reg is, vul jy dit in.
  • As dit verkeerd is, teken jy ‘n liggaamsdeel aan die galg. Net die kop, lyf, arms en bene vorm die man:
  • Na ses foute waai die kop en jy wen.
  • Gee jou maat kans om aan ‘n woord te dink en jy moet raai.
Maat: Ek:
  • Maak nog sulke speletjievorms as jy wil.
LU 3.6.1
  • Kyk of jy hierdie woorde in jou huistaal kan skryf:
baai ........................................................... ooi ...........................................................
raai ........................................................... gooi ...........................................................
haai ........................................................... fooi ...........................................................
saai ........................................................... hooi ...........................................................
kaai ........................................................... kooi ...........................................................
taai ........................................................... looi ...........................................................
laai ........................................................... mooi ..........................................................
waai .......................................................... nooi ...........................................................
maai .......................................................... sooi ...........................................................
rooi ...........................................................
  • As jy nie weet nie: Gebruik ‘n woordeboek.
LU 3.5.7
  • Leer die liedjie.

MY HARTJIE, MY LIEFIE

LU 2.10
  • Oefen die liedjie totdat julle dit lekker kan sing. (Dalk kan ‘n maat blokfluit speel en julle help).
  • Werk ‘n dansie uit wat pas by die ritme.
  • Beplan watter klere julle kan dra.
  • Voer die dansie op.
LU 1.5
  • Lees en luister.
vier vuur
dier duur
mier muur
Ier uur
  • Teken ‘n prentjie by elke woord om te wys jy weet wat dit beteken.
  • Lees en luister weer.
ryk ruik
my Mei
by bui
vyl vuil
meisie muis
LU 1.6
  • Teken wat jy kan.
  • Maak ‘n sin met dié wat jy nie kan teken nie.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Kies die regte woord: (lui, lei, ly)

  • Hy ....................................................................................................... aan asma.
  • Hy is ................................................................................................ om te werk.
  • Sy ................................................................................ die perd tot by die water.
LU 3.5.3

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder respek toon vir klasmaats deur hulle kans te gee om te praat, na hulle te luister en pogings om hul addisionele taal te praat aan te moedig.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder vrae beantwoord met woorde en frases;

Assesseringstandaard 2.10: Dit is duidelik wanneer die leerder aandag gee aan korrekte uitspraak tydens lees.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit ‘n geskrewe teks deur saam met die onderwyser te lees;

3.2.1 lees die titel;

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.5.3 herken vokaalklanke wat uit twee letters bestaan, soos in “moet”, “deur”, en diftonge, soos”ou”, “ei”, “ui”;

3.5.7 herken bekende rymwoorde, soos “raai”, “slaai”, “laai”;

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;

3.6.1 lees en volg instruksies soos om ‘n speletjie te speel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask