<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sodra die twee kerninhoude of gamete versmelt het, vorm ‘n sigoot en dit is die begin van die nuwe organisme of plantjie.

Die bevrugtingsproses word met die volgende skets voorgestel:

Opdrag 1:

1. Skryf in vyf stappe die proses neer van die oomblik van bestuiwing tot bevrugting:

2. Wat word van die volgende strukture na afloop van bevrugting:

a) vrugbeginsel

b) saadknop

Assessering van Meganisme

Kon jy die meganisme ontleed en in stappe opbreek?

[LU 2.1; 2.2]

Uiteraard is die vorming van sade van die uiterste belang in die voortplantingsproses. Daarmee saam is die proses van saad- en vrugverspreiding eweneens belangrik.

OPSIONEEL/ VIR VERRYKING:

Die onderwyser kan ‘n projek oor bevrugting aan julle gee sodat julle die interessante verloop en meganismes daarvan kan ondersoek.

As alternatief kan julle die video van David Attenborough, The Secret Life of Plants , opspoor en daarna kyk. Verbysterende videomateriaal word getoon.

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

OPDRAG 1

  • Blomplante (Angiosperme) is die volopste en suksesvolste plantgroep op aarde. Die geheim lê in die manier waarop die volgende geslag susksesvol geskep word. Die sleutel tot hierdie geheim lê in die bou en werking van blomme.
  • Die feit dat hierdie voortplantingsmetode ook GESLAGTELIK is, maak dit meer suksesvol. Die blom is dus ‘n struktuur waar beide manlike en vroulike strukture van die plant verteenwoordig word. Soms is dit wel in aparte blomme, maar meestal saam in een tweeslagtige blom. Andersins sal hulle eenslagtig wees, m.a.w. ‘n manlike of ‘n vroulike blom.
  1. Maak ‘n skets van ‘n tipiese blom om al sy dele te toon.

2. Gee funksies van elk van die volgende:

Helmknop: waar stuifmeel gemaak word
Helmdraad: dra die helmknop op die regte posisie
Stempel: waar ryp stuifmeelkorrels moet val
Styl: verbinding tussen stempel en vrugbeginsel
Vrugbeginsel: plek waar saadknoppe vorm
Saadknop: sal sade vorm sodra dit bevrug is
Kroonblaar: lok insekte a.g.v. kleur
Kelkblaar: beskerm blom in knopstadium
Meeldraad: helmknop+ helmdraad – manlike deel van blom
Stamper: stempel + styl + vrugbeginsel – vroulike deel van blom
Blomsteel: dra die blom in regte posisie

3. Angiosperme

4. Nee, net dié wat deur insekte bestuif moet word

5. Nee, net dié wat insekte moet lok

6. Voortplanting van die spesie – bevrugting van die saadknoppe

  • Angiosperme of blomplante veral dié met helderkleurige kroonblare, lok insekte en word so bestuif. Verder is hulle ook geurig.
  • Die funksie van ‘n blom lê in die voortplanting van die spesie, d.w.s. bevrugting van die saadknoppe.
  • Die twee hooffunksies is egter BESTUIWING en BEVRUGTING .

AKTIWITEIT 2:

OPDRAG 1

Bestuiwing

Bestuiwing is die proses waardeur ‘n ryp stuifmeelkorrel moet land op ‘n ryp stempel van dieselfde soort plant

  • ‘n Stuifmeelkorrel moet ryp wees, andersins sal dit nie ontkiem en afgroei in die styl nie. Eweneens moet die stempel ryp en ontvanklik wees om die stuifmeelkorrel te ontvang, anders sal dit ook nie kan groei nie. Die stuifmeel moet ook van dieselfde dieselfde soort plant wees, anders kruisteel hulle. Sommiges kan wel kruisteel en dan kry ons allerhande eksotiese soorte.
  • Elke plant se stuifmeelkorrelstruktuur is mikroskopies anders. Dit verseker dat ‘n stuifmeelkorrel amper soos ‘n slot in ‘n sleutel moet pas. Sodra ‘n ryp stuifmeelkorrel geland het, begin dit ontkiem.
  • Ons het reeds genoem dat daar twee hoofprosesse moet plaasvind, naamlik bestuiwing en bevrugting. Ons weet nou wat bestuiwing is en dat die volgende mikpunt is om by die ryp saadknoppe uit te kom en dit te bevrug.

OPDRAG 2:

  • Doen ‘n bietjie naslaanwerk oor stuifmeelkorrels en stempels van verskillende soorte plante.
  • Stel ‘n sketsblad saam van die verskillende soorte wat jy kon opspoor.

Bevrugting is die samesmelting van die spesiale kerninhoude (gamete) van ‘n stuifmeelkorrel en ‘n saadknop

Die kerninhoud waarna verwys word, is ‘n spesiale molekule met ‘n kode of “plan” van hoe die nuwe plant moet lyk. Ons noem dit die chromatiennetwerk en dit bestaan uit die molekule wat bekend is as DNA. Jy sal later leer waarvoor dit presies staan.

Sodra die twee kerninhoude of gamete versmelt het, vorm ‘n sigoot en dit is die begin van die nuwe organisme of plantjie.

  • Die proses: stapsgewys van oomblik van bestuiwing tot bevrugting

OPDRAG 3

Ontwerp jou eie blom na aanleiding van die volgende leidrade:

Eie memo

Aktiwiteit 3:

OPDRAG 1

Ryp stuifmeelkorrel val op ontvanklike stempel
Ontkieming: groei met stuifmeelbuis in styl af
Gaan vrugbeginsel deur poortjie binne
Gaan deur vrugsak na saadknop
Twee manlike gamete in stuifmeelbuis word vrygelaat
Een versmelt met saadknop se vroulike gameet
BEVRUGTING het plaasgevind – sigoot vorm
Sigoot ontwikkel in embrio binne-in saad
Vrugbeginsel raak vrugwand vir saadverspreidingsdoeleindes
Vrugbeginsel: word vrug
Saadknop: word saad
Stamper: droog op en verval – kyk maar na onderkant van bv appel
Sigoot: word embrio
  • Uiteraard is die vorming van sade vandie uiterste belang in die voortplantingsproses. Daarmee saam is die proses van saad- en vrugvesrpreiding eweneens belangrik.

OPSIONEEL/ VIR VERRYKING

Die onderwyser kan ‘n projek hieroor aan julle gee waartydens julle die interessante manier en meganismes kan ondersoek.

Alternatiewelik kan julle die video van David Attenborough “The Secret life of Plants” opspoor en daarna kyk. Verbysterende videomateriaal word getoon.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask