<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die algemeen kan verwag word dat die aktiwiteite van vakunies sodanig moet wees dat nie net die werknemers se sosiale, ekonomiese en politieke belange gedien word nie, maar ook die van die Suid-Afrikaanse ekonomie in die geheel.

Beoordeel die volgende uittreksel uit ‘n koerantberig wat gedurende Oktober 2002 in Die Burger verskyn het en evalueer dan die impak wat stakings, met ander woorde vakunie-optrede, gedurende 2001 gehad het:

“Stakings het verlede jaar meer as verdubbel en die land het 1,25 miljoen werkdae weens stakings verloor, maar dit was ‘n eenmalige gebeurtenis en in die volgende twee jaar sal stakingsyfers weer aansienlik afplat, beweer Andrew Levy&Medewerkers in hul jongste jaarverslag oor arbeidsverhoudinge. Daar het verlede jaar 1,25 miljoen werkdae weens stakings verlore gegaan teenoor 500 000 die vorige jaar.

Arbeidsbesnoeiing kan van vanjaar tot stakings aanleiding gee na wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge wat sulke stakings toelaat. ‘Dit kan tot ‘n botsing in die openbare sektor lei oor privatisering, maar sal waarskynlik ‘n kortstondige staking wees waarna die regering met sy privatiseringsprogram sal voortgaan’ beweer Levy.

BRON

Arbeidsbesnoeiing sal werkgeleenthede in die private sektor vanjaar ook in groter gevaar stel as verlede jaar weens die afplatting in die wêreldekonomie, beweer Levy.

Die gemiddelde verhoging waarop in sentrale bedingingsforums geskik is, was 7,8% en die gemiddelde koers vir loonverhogings in ander skikkings was 7,4% teenoor die gemiddelde inflasiekoers (VPI) van 5,7% verlede jaar. Die hoogste skikking was 9% in die motorvervaardigingsbedryf, waar ‘n uitgerekte staking in Augustus verlede jaar vyftien werkdae lank geduur het. Dit het tot ‘n verlies van 315 000 werkdae gelei.

Mnr. Andrew Levy, skrywer van die jaarverslag, verwag dat gemiddelde loonskikkings vanjaar tussen 8,2% en 8,5% sal beloop. Daar is geen vrees dat loonverhogings vanjaar tot inflasiedruk sal lei nie, maar dit kan in die volgende twee jaar ‘n bron van kommer wees omdat reële lone baie min styg terwyl ingevoerde inflasiedruk toeneem.

Levy voorspel dat die getal MIV-positiewe mense in die volgende twee jaar van die huidige sowat 4 miljoen tot 6 miljoen gaan styg. ‘Organisasies kan verwag om meer as 4% van hulle werkmag in die volgende tien jaar te verloor’.

Vakbondlidmaatskap het weer begin styg na ‘n effense daling in 2000 en staan nou op 3,5 miljoen. COSATU, die land se grootste vakbondfederasie, het 1,883 miljoen lede. Die getal het gegroei van verlede jaar ondanks kwaai arbeidsbesnoeiings. FEDUSA, die naasgrootste vakbondfederasie, verteenwoordig 503 241 lede en NACTU, die derde federasie, verteenwoordig 398 106 werknemers“.

(Bron : Die Burger , Oktober 2002)

Aktiwiteit 1:

Stakings

[lu 1.4]

GROEP:

Beoordeel die invloed van die stakings aan die hand van die volgende tabel:

Invloed van: Sosiale omstandighede Ekonomiese omstandighede
  1. Werkdae verlore
  1. Arbeidsbesnoeiings
  1. Loonverhogings
  1. MIV/VIGS

Die politieke rol wat vakunies in Suid-Afrika speel blyk duidelik uit die aktiwiteite van die CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU) wat alreeds in 1985 gestig is. COSATU is ‘n federasie van ‘n groep van Suid-Afrikaanse vakunies. COSATU het in 1985 by die UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) in die MASS DEMOCRATIC MOVEMENT aangesluit en tesame met die beweging aktief teenstand gebied in die stryd teen apartheid. Omstandighede in die werkplek is verpolitiseer deur middel van stakings, wegbly-aksies en die sogenaamde “go-slows”, wat pogings tot effektiewe produksie erg aan bande gelê het.

Hul aktiewe deelname in die stryd om politieke en ekonomiese veranderinge in die RSA aan te bring, het daartoe gelei dat COSATU tydens die verkiesing van 1994 saam met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) ‘n vennoot in die verkiesingsveldtog was en uiteindelik die verkiesing oorweldigend gewen het. Vandag is COSATU steeds deel van die 3-party-vennootskap wat die nasionale regering in Suid-Afrika uitmaak. As gelyke vennoot in die alliansie is dit dus moontlik dat COSATU, wat ‘n breë massa van die werkersgemeenskap in Suid-Afrika verteenwoordig, ‘n belangrike bydrae kan lewer en ‘n beduidende invloed kan uitoefen om ekonomiese en politieke beleid te beïnvloed.

Aktiwiteit 2:

Vakunies

[lu 1.4]

SELF:

Verduidelik die volgende afkortings en toon aan watter beroepe word deur die vakbondfederasies verteenwoordig:

  1. FEDUSA:
  1. NACTU:
  1. NUM:
  1. NUMSA:

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik;
  • die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek;
  • met behulp van ‘n grafiek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek;
  • die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer:
  • die Suid-Afrikaanse ekonomie;
  • politieke, ekonomiese en sosiale transformasie;
  • arbeidsaangeleenthede;
  • die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Stakings

GROEP:

Invloed van stakings

Sosiale omstandighede Ekonomiese omstandighede
Werkdae verlore verlies aan inkomste - swakker daaraan toe produksie neem af – verliese
Arbeidsbesnoeiings verlies aan werk - swakker daaraan toe produksie neem af – verliese
Loonverhogings verbetering in besteebare inkomste insetkoste vermeerder – inflasie
MIV/VIGS groter druk op gesondheidsdienste werkmag verminder - verliese

AKTIWITEIT 2: Vakunies

SELF:

Identifiseer vakunies

  1. FEDUSA: Federated Unions of South Africa - Algemeen
  2. NACTU: National Congress of Trade Unions - Algemeen
  3. NUM: National Union of Mineworkers - Mynwerkers
  4. NUMSA: National Union of Metalworkers of SA - Werkers in motorindustrie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask