<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Fisiese struktuur van suid-afrika

Module 8

Boustreke en berge

AKTIWITEIT 1

OM DIE BOUSTREKE EN BERGE VAN SUID-AFRIKA TE BESTUDEER

[LU 1.1; 1.5]

Kyk na die groen strook langs die kus. Hoekom is dit groen?

Watter kleur bedek die grootste deel van die RSA? Hoekom is dit hierdie kleur?

Waar is die hoogsliggende dele van Suid-Afrika? Watter kleur is dit op die kaart?

Vul die name van die bergreekse wat op die kaart aangedui is, in op die tabel.

Dui die ligging van Mont-Aux-Sources en Thaba Ntlenyana op die kaart aan.

Wat verstaan jy onder die volgende?

Karooketting

Kusketting

Hoe kan daar uit die atlas afgelei word dat die plato vanaf die hoogste oostelike dele daal? In watter rigting daal die plato?

Die boustreke en berge van die RSA

Tabel

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;

inligting kategoriseer;

'n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;

deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Laagliggend ( kusvlakke)

Geel/Oranje – plato

Drakensberge (O) – pers/wit

Swart- en Winterberge vorm saam die berge wat die Groot en Klein Karoo skei.

Drakenstein-, Hottentots-Holland-, Lange- en Outenikwaberge vorm saam bergreeks wat kusvlakte van Klein Karoo skei.

Kleur verander van pers/wit na oranje na geel (van O-W).

ANTWOORDSTEL VAN KAARTWERKOEFENINGE

Berge van die RSA

Kamiesberge

Roggeveldberge

Cederberge

Drakensteinberge

Hottentots-Hollandberge

Langeberge

Outeniekwaberge

Swartberge

Nuweveldberge

Sneeuberge

Stormberge

Drakensberge

Lebomboberge

Waterberge

Soutpansberge

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask