<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Natuurlike stowwe: wol, katoen, sy, ens.

Katoen is lig en gemaklik, maar dit kreukel maklik en is swaar om te stryk.

  • Sintetiese stowwe: word deur die mens vervaardig, bv. poliëster, akriel, viskose, glasvesel, ens. Ons kan hierdie name op die etikette van klere sien. Kyk gerus na die etikette wat op jou klere aangebring is deur fabrieke!

Wanneer katoen met poliëster gemeng word, kry ons ‘n nuwe mengsel, nl. poliëster-katoen – dit was maklik, word vinnig droog en stryk makliker, bv. hemde. Denimmateriaal word ook deesdae gemeng met lycra en lewer ‘n sterk materiaal wat kan rek, bv. jeans.

Opdrag 11 (Individueel)

  • Kry etikette wat aan sommige van jou kledingstukke by die huis is en ontleed die materiale waarvan die kledingstukke gemaak is. Probeer om so veel as moontlik mengselstowwe te kry en ontleed dit as volg:
Natuurlike Stowwe Sintetiese Stowwe
__________________________________ __________________________________

Die mens begin al hoe meer stowwe meng om aan verskillende behoeftes te voldoen. Nie alle mengsels is egter mensgemaak nie. Been is bv. ‘n natuurlike mengsel.

MATERIAAL VERVAARDIG VAN GEBRUIKE VOORDELE
Been Kalsiumfosfaat +proteïenvesels Geraamtes Harder as proteïen.Meer buigbaar as kalsiumfosfaat.
Gewapende beton Betonmengsel + versterkte staal-stawe Konstruksie Sterker as beton.Goedkoper en ligter as staal.
Veselglas Plastiek + veselglas Bote, karavane Sterker as plastiek.Minder breekbaar as glas.
Koolstofvesel versterk met plastiek Koolstofvesel + plastiek Golfstokke, vis-stokke, tennis-rakette, vliegtuig-onderdele Goedkoper as suiwer koolstofvesel.Baie sterker as plastiek.
Motorbande Rubber + rayon/staaldrade Buitebande vir motors, motorfietse Sterker as rubber.Nog steeds elasties en buigbaar.
Gelamineerde hout Verskillende lae van houtsoorte Laaghout Goedkoper as soliede hout.Trek nie so maklik krom nie.
  • Doen ‘n bietjie navorsing en identifiseer nog vyf voorbeelde van mengsels wat ‘n belangrike rol in ons moderne, tegnologiese wêreld speel.

1.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assesering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask