<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afsnitte

Vir funksies van die vorm y = cos ( k θ ) , word die metode om die afsnitte met die y -as te bereken gegee.

Die y -afsnit word as volg bereken:

y = cos ( k θ ) y afsnit = cos ( 0 ) = 1

Funksies van die vorm y = tan ( k θ )

In die vergelyking y = tan ( k θ ) , is k 'n konstante en het verskeie effekte op die grafiek van die funksie. Die algemene vorm van die grafiek van die soort funksie word gewys in [link] for the function f ( θ ) = tan ( 2 θ ) .

Die grafiek van tan ( 2 θ ) (vastelyn) en die grafiek van g ( θ ) = tan ( θ ) (stippellyn). Die asimtote word aangetoon deur die strepies lyn.

Funksies van die vorm y = tan ( k θ )

Op dieselfde assestelsel, plot die volgende grafieke:

  1. a ( θ ) = tan 0 , 5 θ
  2. b ( θ ) = tan 1 θ
  3. c ( θ ) = tan 1 , 5 θ
  4. d ( θ ) = tan 2 θ
  5. e ( θ ) = tan 2 , 5 θ

Gebruik jou resultate om die effek van k af te lei.

Jy behoort te vind dat die waarde van k , weereens, die periode of frekwensie van die grafiek affekteer. Soos k vermeerder, word die grafiek meer kompak en soos k verminder, word die grafiek meer versprei. The periode van die tan grafiek word gegee deur 180 k .

Hierdie verskillende eienskappe word opgesom in [link] .

Tabel wat die algemene vorm en posisie van die grafieke van funksie in die vorm y = tan ( k θ ) opsom.
k > 0 k < 0

Definisie versameling en waarde versameling

Vir f ( θ ) = tan ( k θ ) is die definisie versameling van een tak { θ : θ ( - 90 k , 90 k ) } , omdat die funksie ongedefinieerd is vir θ = - 90 k en θ = 90 k .

Die waarde versameling van f ( θ ) = tan ( k θ ) is { f ( θ ) : f ( θ ) ( - , ) } .

Afsnitte

Vir funksies van die vorm y = tan ( k θ ) , word die metode om die afsnitte met die x en y asse te bereken gegee.

Daar is baie x -afsnitte; elkeen is halfpad tussen die asimtote.

Die y -afsnit word as volg bereken:

y = tan ( k θ ) y afsnit = tan ( 0 ) = 0

Asimtote

Die grafiek van tan k θ het asimtote omdat soos k θ 90 benader, benader tan (k θ ) oneindig. Met ander woorde, daar is geen gedefinieerde waarde van die funksie by die asimtoot waardes nie.

Funksies van die vorm y = sin ( θ + p )

In die vergelyking, y = sin ( θ + p ) is p 'n konstante en het verskillende effekte op die grafiek van die funksie. Die algemene vorm van die grafiek van die funksies in hierdie vorm word aangetoon in [link] met die funksie f ( θ ) = sin ( θ + 30 ) .

Grafiek van f ( θ ) = sin ( θ + 30 ) (vastelyn) en die grafiek van g ( θ ) = sin ( θ ) (stippellyn).

Funksies van die vorm y = sin ( θ + p )

Op dieselfde assestelsel, plot die volgende grafieke:

  1. a ( θ ) = sin ( θ - 90 )
  2. b ( θ ) = sin ( θ - 60 )
  3. c ( θ ) = sin θ
  4. d ( θ ) = sin ( θ + 90 )
  5. e ( θ ) = sin ( θ + 180 )

Gebruik jou resultate om die effek van p af te lei.

Jy behoort te vind dat die waarde van p die posisie van die grafiek op die y -as affekteer (die y -afsnit) en die posisie van die grafiek op die x -as (die faseverskuiwing ). Die p waarde skuif die grafiek horisontaal. Indien p positief is, skuif die grafiek links en indien p negatief is, skuif die grafiek regs.

Hierdie verskillende eienskappe word opgesom in [link] .

Tabel wat die algemene vorm en posisie van grafieke van funkies in die vorm y = sin ( θ + p ) opsom. Die kurwe y = sin ( θ ) is geplot met 'n stippellyn.
p > 0 p < 0

Definisie versameling en waarde versameling

Vir f ( θ ) = sin ( θ + p ) is die definisie versameling { θ : θ R } , omdat daar geen waardes van θ R is waarvoor f ( θ ) ongedefinieerd is nie.

Die waarde versameling van f ( θ ) = sin ( θ + p ) is { f ( θ ) : f ( θ ) [ - 1 , 1 ] } .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11). OpenStax CNX. Sep 20, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11339/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11)' conversation and receive update notifications?

Ask