<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 20

Persoonlike watergebruik

Aktiwiteit:

Om persoonlike watergebruik te beskryf

[lu 1.2]

Opdrag:

Skryf elke aktiwiteit neer waarin jy water gebruik vir een hele dag. Vergelyk dit met jou klasmaats s’n. Vra jou ouers om vir jou te wys hoe die watermeter by julle huis werk.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

Memorandum

  • Ons kan onmiddellik in ‘n bad of stort klim en begin was, ons hoef nie water aan te dra nie.
  • Ons hoef nie water aan te dra vir skottelgoed nie.
  • Water in die huis bespaar tyd en energie.
  • Ons wasgoed kan maklik gewas word, ons hande hoef nie seer te raak van al die vryf en die chemikalieë in die waspoeiers nie.
  • Alles bly skoon en sindelik.
  • Ons kan net die toilet spoel nadat ons dit gebruik het. Ons hoef nie van ‘n emmer gebruik te maak nie, alles bly dus sindelik en kiemvry.
  • Ons kan net die kraan oopdraai om groentesoorte af te spoel om kos te maak.
  • Ons kan dadelik water drink as ons dors is.
  • Ons kan troeteldiere goed versorg met vars water.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask